Begin nuutEgzanp

Wie jy kan word …
Ken jy jouself? Weet jy werklik wie jy is? Meer nog: Onthou jy elke dag wie jy in Christus is? En wie jy elke dag kan word?
Selfkennis is die wortelstelsel van enige verhouding. Hoe sterker ons in onsself geanker is, hoe meer kan ons groei in ander verhoudinge. Hoe meer kan ons groei as mens-soos-Christus en deur die Gees vrugte dra wat ander seën.
Om jouself te ken, vra ’n groot klomp eerlike selfondersoek. Baie gebed. ’n Gewillige hart om sy Gees te hoor. Oop oë vir wat die Woord vir jou wil sê. Die bereidheid om die waarheid vas in die oë te kyk en te sê:
Here, in U sien ek wie ek waarlik is. In en deur U raak my gebrokenheid sigbaar en sien ek my nié-soos-U-wees-nie. Vader, dankie dat ek ook, wanneer ek myself só sien, u ongeag-liefde kan voel en kan weet dat U my áltyd liefhet. Ag, Vader, groei deur my sodat ek sal word wie ek deur U kan wees. Wie ek eintlik is.
Wees moedig genoeg om met eerlikheid na jou hart te kyk. Wees dan dapper genoeg om te verander en toe te laat dat Hy jou beeld nuut maak.
Here, ek wil deur U in myself groei. Amen.
Ekriti
Konsènan Plan sa a

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!
More
Plan ki liye yo

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Grandi Nan Sanktifikasyon

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Bondye pa ChatGPT

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li
