10 Kernwaarhede Van DissipelskapEgzanp

Kernwaarheid 9 - God is WAARHEID, daarom kan ek Hom en sy Woord vertrou.
Ons gaan vandag na twee titels wat Jesus aan Homself toeskryf, kyk: die Waarheid en die Woord.
In Johannes 14:6 sê Jesus hierdie besonderse woorde: Hy is die weg, die waarheid en die lewe, en niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Het jy al mooi oor hierdie stelling gedink?
"Hy is die waarheid".
Dit sê nie "Hy praat die waarheid" nie, of "staan vir waarheid" nie. Hy "IS" waarheid! Dis 'n besonderse stelling met groot implikasies!
Daar is sekere waarhede wat relatief kan wees: Wie die beste rugbyspan is, die beste restaurant, die beste dorp of stad, die mooiste baba of mooiste kar. Dan is daar sekere dinge wat absolute waarheid is. Absolute waarheid kan nie verander nie, dit maak nie saak wat mense se persoonlike persepsies, opinies of voorkeure daarteenoor is nie. Jesus is die openbaring van absolute waarheid!
Maar Jesus is nog iets, die Woord. Die Logos, die openbaring van God se hart. In Johannes 1:14 lees ons dat die Woord mens geword het. Hy het die liefde van die Vader aan ons kom bekendmaak en deur Hom leer ons die Vader se hart ken. Alles gaan oor Hom!
Waar maak God dit aan ons bekend? In die Bybel. Omdat Jesus in die hemel is, maar weet dat ons steeds moet groei in waarheid, het God vir ons die Bybel gegee. God se geskrewe Woord, wat getuig oor Jesus en God se reddingsplan vir die mens. Dit is hierin wat ons God se plan vir ons lewe en sy beloftes ontdek.
Daarom kan ek en jy die Woord van God vertrou. Staan vas op die Woord!
VRAE VIR REFLEKSIE:
- Wat het jy vandag geleer?
- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?
Konsènan Plan sa a

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .
More
Plan ki liye yo

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Grandi Nan Sanktifikasyon

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Bondye pa ChatGPT

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj
