In Jesus Is Jy...Egzanp

In Jesus Word ek Deur God Geken
Lees: Psalm 139:1–3; 1 Korintiërs 8:3
SOAP: Psalm 139:1
“Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.”
Oordenking
Neem 'n oomblik om na te dink oor iemand wat jy regtig goed ken. Miskien is dit jou huweliksmaat, 'n ouer, 'n broer of suster of 'n beste vriend. Dink aan al die besonderhede wat jy van hulle weet, waarvan hulle hou en nie hou nie, wat hul drome is, hul stokperdjies, wat hulle laat lag en wanneer hulle laas gehuil het.
Dit maak nie saak hoe goed ons iemand ken nie, ons kan hulle nooit ten volle ken nie, nie soos God sy kinders ken nie. Ons lees vandag dat David spesifieke woorde gebruik het om God se alwetendheid te beskryf: ken, verstaan, waarneem en bewus wees. God het ons geken, Hy ken ons, en Hy sal ons ken. Hy word nie deur tyd beperk nie, en Hy is nie daartoe beperk om ons net op die oppervlak te ken nie.
Dawid het in hierdie psalm geskryf dat God die groot dinge van ons weet, maar ook die klein besonderhede van ons dae, soos wanneer ons sit, staan, reis of rus. God ken ons woorde en die motief daaragter, en ons kan nêrens heen gaan waar God nie met ons is nie.
Miskien het jy 'n verhouding met iemand gehad en ontdek hoe meer jy van hulle weet, hoe minder wou jy by hulle wees. Miskien het jy gevoel dat jy dele van jou persoonlikheid of die dinge waarvan jy hou, moet wegsteek om aanvaar te word. In Jesus word ons ten volle deur God geken. Hy het ons ondersoek en bied steeds sy liefde en beskerming aan. God sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie, want daar is niks in jou lewe wat Hy nog nie ken nie - en Hy nooi jou steeds uit om deel van sy gesin te wees.
Gebed
Here, U ken my verlede, my hede en my toekoms, en U maak steeds 'n plek vir my in u gesin. Omdat U my ondersoek en my ken, openbaar enige iets in my hart wat my daarvan weerhou om my identiteit as kind van God volledig aan te neem, sodat ek nader aan U kan bly groei. Amen.
Ekriti
Konsènan Plan sa a

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.
More
Plan ki liye yo

Grandi Nan Sanktifikasyon

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Bondye pa ChatGPT

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a
