In gesprek met my HereEgzanp

Wees eerlik as jy bid
Wanneer ons bid, behoort eerlikheid een van die eerste vereistes te wees. Dit help nie dat ons dinge vir God verswyg nie — Hy weet in elk geval reeds alles van ons, ook dié dinge wat ons vir mense wil wegsteek.
Gewoontegebede maak dat jy nooit jou binneste werklik voor God blootlê nie. Jy kan dit maar gerus doen, want Hy weet in elk geval reeds alles van jou. Soms is jy mos half bang dat God teleurgesteld in jou sal wees en hou jy dus dieselfde front voor wanneer jy bid as wanneer jy met mense te doen kry. Jy mág maar by God gaan kla wanneer jou gebede onbeantwoord bly, Hom aan sy beloftes herinner as hulle nie realiseer nie. Jy mag ook maar dié dinge waaroor jy skaam voel met Hom deel: jou selfsug, liefdeloosheid, bitterheid en jaloesie — al daardie negatiewe emosies waarmee jy so sukkel.
Dit bly ongelooflik dat God jou steeds liefhet, alhoewel Hy van al jou sondes weet. Sodra jy jou sondige gedagtes en negatiewe emosies voor God blootlê, kan Hy jou ten goede verander om die mens te word wat Hy wil hê jy moet wees.
Hemelse Vader, sal U my asseblief help om alles wat in my hart is met U te deel wanneer ek bid? Dankie dat U reeds al my sonde ken en my steeds liefhet. Amen.
Ekriti
Konsènan Plan sa a

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.
More
Plan ki liye yo

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Karèm/Pak : Jezi fè fas ak lanmò avèk kouraj

Egzanp Lidèchip Neyemi

Grandi Nan Sanktifikasyon

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon

Bondye pa ChatGPT
