Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsEgzanp

God, die lewegewer
v25 b “hy gee self lewe en asem aan alle mense”

1. Raak aktief
Rol die dobbelsteen
Kry of maak 'n dobbelsteen. Staan in 'n sirkel, doen 100 hurksitte as 'n gesin. Elke persoon gooi die dobbelsteen en doen daardie aantal hurksitte voor daar aanbeweeg word na die volgende persoon. Hou telling van die gesin se totale aantal hurksitte.
Werk harder: Doen 150 of 200 hurksitte.
Kyk na video van hurksitte:
2. Rus en gesels
Wat is iets wat jy gemaak het waarop jy trots is? Wys dit vir die gesin as jy dit naby het.
Die God wat aan ons “bekend” is (nie 'n “onbekende” god nie) het die wêreld gemaak. Paulus vertel ons meer oor hierdie God in vandag se leesstuk.
3. Lees die Skrifgedeelte
Handelinge 17:24-26
4. Bespreek
- Wat sê hierdie Skrifgedeelte vir ons oor God se rol in hierdie wêreld?
- Hoe verskil dit van hoe baie mense God sien?
Gesels met God: Dankie Here dat U hierdie wêreld ontwerp en gemaak het. U is ongelooflik! U is in beheer, en U is goed.
Môre sal ons uitvind wat die Bybel sê waaroor ons lewe regtig gaan. Kan jy raai? Jy mag dalk verbaas wees!
Ekriti
Konsènan Plan sa a

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangepas word vir enige huisgesin kombinasie en ouderdomsgroep. Dit benodig geen spesiale toerusting nie, net 'n klein ruimte en jou verbeelding.
More
Plan ki liye yo

Ansèyman Jezi : Desizyon saj & benediksyon ki dire

Karèm/Pak : Jezi soufri, mouri, epi genyen viktwa

Mirak Jezi : Revele idantite divin Li

Gerizon Jezi : Eksplore pouvwa & konpasyon

Grandi Nan Sanktifikasyon

Bondye pa ChatGPT

Parabòl Jezi : Eksplikasyon pratik sou Peyi Wa a

Istwa Nwèl : 5 jou sou nesans Jezi

Karèm/Pak : Dènye jou Jezi yo
