YouVersion logo
Ikona pretraživanja

AMOS 1:1-2

AMOS 1:1-2 AFR83

Die woorde van Amos, 'n skaapboer uit Tekoa. Hy het oor Israel 'n gesig gesien tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. Dit het twee jaar voor die aardbewing gebeur. Amos het gesê: Wanneer die Here uit Sion brul, wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor, verdor die weivelde van die herders en verdroog die top van Karmelberg.