MarkusMuestra

Lees: Markus 9:30–50
SOAP: Markus 9:43
As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.
Oordenking
Dit is baie duur om Jesus te volg. Wanneer ons ons geloof in Hom plaas, verkry ons die ewige lewe, maar ons draai ons ook weg van 'n lewe van sonde. Wanneer ons sondig, doen ons dit uit selfsug, vrees of onvervulde begeertes. Ons kyk na onsself, na ander of na die wêreld om aan behoeftes en begeertes te voldoen wat net God kan vervul.
Wanneer ons sondig, sê ons vir God dat ons weë beter is as Syne. Jesus het ons geleer om van sonde af weg te hardloop. Nie net om situasies te vermy waar ons in die versoeking kom nie, maar om dit heeltemal te verwyder. Jesus het drastiese maatreëls ingestel om vir ons sonde te betaal deur aan die kruis te sterf. Wanneer ons drastiese stappe neem om sonde uit ons lewens te verwyder, eer ons sy offer en bring ons aan Hom eer.
Wanneer ons geloof in Jesus gevestig is, kyk ons nie meer na die wêreld, na onsself of na ander om in ons behoeftes te voorsien nie. Hy is die Seun van God, die Messias, ons Redder. Hy is alles wat ons in die lewe nodig het; en Hy is alles wat ons nodig het om ons sondestryd te oorwin. Hy alleen kan red, en deur Hom alleen kan ons van sonde bevry word.
Gebed
Here, gee my oë om die diepte van die sonde in my lewe raak te sien. Help my om na U alleen te gaan wanneer ek in die nood is. Help my om U te vertrou en te glo dat U die beste vir my wil hê. Help my om U te volg, ongeag wat dit mag kos. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More
Planes relacionados

BibliAventura Defensores “Un viaje por la Palabra”

Sé Quien Dios Dice Que Eres

Predicándole Al Alma

Un Encuentro Que Transforma

En Medio Del Silencio

BibliAventura Exploradores "Un Viaje Por La Palabra”

La Sabiduría De Dios: Locura Que Salva

¿Qué es una Fe Productiva?

Llamadas a adorar para mamás
