JosuaMuestra

Lees: Josua 7:16-21; Spreuke 28:13
SOAP: Spreuke 28:13
Vir verdere nalees: Josua 7:15; 22-26
Josua het, na die nederlaag teen Ai, die volk volgens stam, families en gesinne opgeroep om aan elke man die geleentheid te gee om dit wat uit Jerigo geneem is, terug te besorg. Toe hy vir Akan konfronteer, het hy erken dat hy 'n mantel, silwer en goud begeer het en dit uit Jerigo geneem het.
Spreuke 28:13 sê dat wanneer ons, ons sonde bely, ons barmhartigheid sal verkry. As jy hoofstuk 7 van Josua lees, sal jy sien dat dit nie die geval was vir Akan nie - hy is gestenig. Wat is die verskil tussen Akan en ons? Die verskil is Jesus Christus.
Romeine 3:21-26 herinner ons daaraan dat ons almal gesondig het en nie deel het aan die heerlikheid van God nie, maar dat ons geregverdig is en verlos word deur die bloed van Jesus. Ons verdien dieselfde uitkoms as Akan as gevolg van ons sonde. Maar God, wat ons liefhet en ons genadig is, het sy seun, Jesus Christus, gestuur om ons sondes te dra en ons vry te maak. Christus bewerk vir ons vergifnis.
Wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, kan ons vertroue hê dat God al ons sondes vergewe wanneer ons berou toon. Ons is geregverdig wanneer God die gelowige sondaar in Christus regverdig verklaar, gebaseer op sy voltooide werk aan die kruis. Wanneer die sondaar Christus vertrou, verklaar God hom regverdig. Ons moet besin oor Akan se verhaal en ons verheug oor die vergifnis wat ons in Christus het.
O, Here, dankie dat U Jesus Christus gestuur het om vir my te sterf en my sondes te dra. Dankie, want al het ek dieselfde uitkoms as Akan verdien, is ek gered en bevry van sonde en die dood deur my geloof in Jesus se werk aan die kruis.
In Jesus se naam.
Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel
More
Planes relacionados

Fortalece Tu Fe #3 - Dios Salva

Todo Comienza Pequeño

La Sabiduría De Dios: Locura Que Salva

Vivir Con Propósito Y Sabiduría Considerando La Eternidad De Dios

En La Intimidad Del Corazón De Jesús

Descubriendo Quiénes Somos: La Identidad en Cristo que Todo lo Cambia

Habacuc – Serie: Profetas

Principios Espirituales Para Vivir en Familia

Persevera en La Fe, Insiste en La Oración
