JosuaMuestra

Lees: Josua 8:18-22; 1 Korintiërs 15:57
SOAP: 1 Korintiërs 15:57
Vir verdere nalees: Josua 8:23-29
Voordat Josua en die res van die manne Ai nader, praat God met Josua en sê vir hom dat Hy alreeds die stad in hulle hand gegee het. Kan jy die verskil sien wat hierdie stelling maak? Hy het met sy hart op die oorwinning geveg. Maak nie saak hoe gewillig die mense van Ai was om terug te veg nie, Josua het geweet die stryd behoort aan God (1 Samuel 17:47).
D. L. Moody het gesê, "God het nooit 'n belofte gemaak wat te goed was om waar te wees nie."
Ons het 'n soortgelyke belofte in die Skrif. 1 Korintiërs 15:57 sê dat God ons die oorwinning deur Jesus Christus gegee het. Deur al ons stryd en moeilike situasies kan ons ons hart instel op oorwinning.
Deur Jesus Christus het ons oorwinning oor sonde, ons het oorwinning oor skuldgevoelens, en ons het oorwinning oor die dood. Ons sondes is vergewe en ons het die belofte van ‘n ewige lewe saam met God. Dood, sonde en skuldgevoelens is oorwonne vyande wat nie meer beheer oor ons het nie. Ons, soos Josua, het reeds die oorwinning ontvang nog voordat die stryd begin het.
Hemelse Vader, ek prys U omdat U ons so lief gehad het dat U u Seun Jesus Christus gestuur het om aan die kruis te sterf, sodat ek die ewige lewe kon hê. Dankie dat U my liefhet en omgee vir my.
In Jesus se naam.
Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel
More
Planes relacionados

Fortalece Tu Fe #3 - Dios Salva

Todo Comienza Pequeño

La Sabiduría De Dios: Locura Que Salva

Vivir Con Propósito Y Sabiduría Considerando La Eternidad De Dios

En La Intimidad Del Corazón De Jesús

Descubriendo Quiénes Somos: La Identidad en Cristo que Todo lo Cambia

Habacuc – Serie: Profetas

Principios Espirituales Para Vivir en Familia

Persevera en La Fe, Insiste en La Oración
