YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 15

15
Die vuur sal hulle verteer
1Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Mens, wat is wingerdhout beter as die kreupelhout tussen die bome in die bos? 3Word dit gebruik om iets van te maak, of gebruik iemand 'n stuk daarvan vir 'n pen om enigiets aan op te hang? 4Nee, dit word in die vuur gegooi om te brand. En as die twee punte gebrand is en die middel is geskroei, deug dit dan nog vir iets? 5Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”
6So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem. 7Ek word hulle teenstander. Hulle kom uit die vuur, maar die vuur sal hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander word, sal hulle besef dat Ek die Here is. 8Ek maak die land verlate, want hulle was troueloos,” sê die Here my God.

Currently Selected:

ESEGIËL 15: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy