YouVersion Logo
Search Icon

Job 40

40
God praat weer met Job
1Die Here het Job toe uit ’n storm geantwoord en gesê: 2“Maak jou reg en wees sterk, Ek het ’n paar vrae wat Ek jou wil vra. Ek soek antwoorde. 3Wil jy sê wat Ek oor jou besluit het, is nie reg nie? Wil jy bewys Ek is skuldig sodat jy kan sê jy is reg? 4Dink jy jy is net so sterk soos Ek? Kan jou stem uit die donderweer dreun soos Myne? 5Tree op met trots en wees eerlik. Jy moet goed voel oor jouself. 6Raak van al die woede in jou ontslae. As jy iemand sien wat hoogmoedig is, bring hom af aarde toe. 7Jy moet die hoogmoedige mense wat jy sien, verneder. En mense wat verkeerde dinge doen, vernietig hulle daar en dan. 8Begrawe hulle almal in die grond en bind hulle vas in die graf. 9As jy dit kan doen, sal Ek erken dat jy die krag het om jouself te kan red.”
10Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees. 11Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk. 12Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg. 13Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe. 14Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan. 15Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel. 16Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras. 17Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê. 18Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig. 19Wie sien kans om hom reg van voor aan te pak? Niemand is dapper genoeg om ’n ring in sy neus te sit en hom weg te lei nie.”
20Die Here het verder vir Job gevra: “Job, sal jy ’n draak met ’n hoek of met ’n tou om sy bek kan vang? 21Kan jy ’n tou deur sy snoet sit of ’n haak deur sy kakebeen steek? 22Sal hy jou soebat om sag met hom te werk of jou mooi vra om hom uit te los? 23Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak om vir altyd vir jou te werk? 24Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters? 25Sal daar handelaars wees wat oor hom bie?
“Sal hulle hom onder mekaar probeer verkoop? 26Kan jy met harpoene deur sy vel skiet of met spiese deur sy kop steek? 27As jy hom kaalhand probeer aanpak, sal jy die geveg tussen julle nooit vergeet nie. Ek verseker jou, jy sal dit nooit weer probeer doen nie.
28“Nee, niemand het ’n kans om die draak te vang nie. As jy hom sien, sak jou moed al in jou skoene.

Currently Selected:

Job 40: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy