YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 47

47
Babel se straf
1Kom sit op die grond, Babel. Klim van jou troon af, stad van die Galdeërs. Jy gaan nie meer die pragtige stad wees waarheen almal graag wil kom nie. 2Gaan maal saam met die slawe meel op die maalklip. Vat die sluier voor jou gesig weg. Lig jou rok tot bo jou knieë op sodat jy deur die riviere kan gaan. 3Lig dit hoog genoeg op sodat almal jou lyf kan sien en vir jou kan lag. Ek gaan jou straf. Ek sal geen mens oorsien nie. 4Die God wat ons bevry se Naam is die Here van die gevegsmagte. Hy is die hoë God van Israel. 5Gaan sit tussen die grafte, stad van die Galdeërs. Jy sal nie meer leier van die volke genoem word nie. 6Ek was kwaad vir my volk. Ek wou hulle nie meer hê nie. Ek het hulle vir jou gegee om met hulle te maak soos jy wil. Jy het hulle nie gespaar nie. Jy het selfs die ou mense soos slawe laat werk. 7Jy het gedink dat jy vir altyd die leier van die volke sal wees. Jy het nie gedink wat die gevolge van jou dade gaan wees nie.
8Luister dan nou ’n bietjie hier, julle wat so gemaklik leef sonder enige bekommernis. Julle dink niemand anders kan naby julle kom nie. Julle sê: “Ek sal nooit van iemand anders afhanklik wees nie. Ek sal nie soos ’n vrou word wat nie ’n man of kinders het nie.” 9En tog sal dit alles binne een enkele dag met jou gebeur. Jy gaan jou inwoners verloor en soos ’n weduwee en weeskinders word wat niemand het wat vir hulle kan sorg nie. Ten spyte van al jou toorkunsies en jou toorwoorde waarmee jy dinge wil besweer, gaan dit met jou gebeur. 10Jy het staatgemaak op die verkeerde dinge wat jy doen. Jy het vir jouself gesê: “Niemand sien tog wat ek doen nie.” Jou slimmigheid en jou kennis van die verkeerde dinge het jou die spoor byster laat raak. Jy het ewe verwaand jouself wysgemaak dat niemand anders so goed is soos jy nie.
11Daar gaan teëspoed oor jou kom. Jy sal dit nie kan wegtoor nie. Ongeluk sal op jou toesak. Jy sal dit met niks kan keer nie. ’n Ramp sal jou uit die bloute tref. Jy sal nie weet hoe om dit te hanteer nie. 12Gaan maar aan met jou toorkunsies en die beswerings waarmee jy jou al van jou kinderdae af besig hou. Miskien kry jy nog iets daarmee reg. Miskien skrik jou vyande daarvoor. 13Jy hou jou graag op met voorspellings. Jy het mense wat die hemelruim bestudeer. Hulle neem die sterre waar. Hulle voorspel elke maand vir jou wat met jou gaan gebeur. Laat hulle jou nou bevry. 14Sowaar, hulle is soos droë gras. Die vuur brand hulle weg. Hulle kan nie eens hulleself van die vlamme red nie. Hierdie is nie ’n vuur om mee te speel nie. 15Die mense met wie jy jou ophou, met wie jy van jongs af te doen het, sal elkeen sy eie koers vat. Nie een van hulle gaan jou uit jou probleme uithelp nie.

Currently Selected:

Jesaja 47: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy