YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 25

25
’n Loflied oor straf en verlossing
1Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam grootmaak. U het asemrowende dinge gedoen; die dinge wat U lank gelede reeds beplan het, het U stiptelik en volgens u woord uitgevoer. 2U het die groot stede in murasies verander en hulle versterkte mure afgebreek. Die pragtige paleise van die vyand word platgevee en sal nooit herbou word nie. 3Daarom sal die mense van die sterkste nasies u almag erken en selfs die wreedste sal vir U ontsag hê. 4U beskerm die armes, die hulpeloses kom soek by U wegkruipplek. U het vir hulle skuiling gebied teen die mag van die storm en skaduwee gegee teen die hitte van die son. Die aanval van die wrede vyand is soos ’n ysige winterstorm wat genadeloos op alles neerkom, 5of soos die skroeiende hitte van die son in die woestyn. U het die oorlogskrete van die vyand laat ophou en die oorwinningsliedere van die wreedaards laat verdwyn, die hitte van die son laat verdwyn.
God berei ’n feesmaal voor
6Op die berg Sion gaan die Here die Almagtige ’n feesmaal voorberei vir al die volke van die wêreld. Daar sal ’n oorvloed heerlike kos en die beste wyn wees. 7Hier op die berg sal die Here die wolk van onheil wat oor die volke gehang het, wegvat asook die doek wat hulle oor hulle gesigte gedra het as teken van hulle rou en hartseer. 8Hy sal die dood vir ewig vernietig en die trane afdroog. Die Here sal ’n einde maak aan die vernedering wat sy volk oor die wêreld moes verduur. Die Here het dit gesê.
9Wanneer dit gebeur, sal almal sê: Kyk, so tree ons God op! Ons het op Hom vertrou en Hy het ons verlos. Dit is die Here op wie ons vertrou het. Kom ons jubel en juig omdat Hy ons gered het. 10Die mag van die Here sal hier op die berg Sion bewys word wanneer Moab aan die voet van die berg vertrap word soos stoppels strooi deur die beeste in die mis ingetrap word. 11Hulle sal alles in hulle vermoë doen om weg te kom. Hulle sal hulle hande uitsteek soos iemand wat besig is om te verdrink, maar ten spyte van hulle uitgestrekte hande sal die Here hulle verneder en hulle aan hulle lot oorlaat. 12Hy sal Moab se sterk mure gelyk met die grond afbreek.

Currently Selected:

Jesaja 25: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy