Ons moet wat ons gehoor het nie so ligtelik opneem nie. Ons moet ernstig daaroor wees sodat ons nie dalk op die verkeerde pad beland nie. Die boodskap wat voorheen deur hemelse wesens aan die mense verkondig is, was natuurlik nie sommer stories nie. Mense het daarna geluister en wie hulle nie daaraan gesteur het nie, is gestraf soos dit hoort. As dit so was, watter kans het ons dan om los te kom as ons die wonderlike verlossing ignoreer wat Jesus bring? Die Here het self begin om mense te vertel hoe hulle weer by God kan uitkom. Mense wat Hom hierdie dinge hoor sê het, het dit weer vir ons kom vertel. Daarom weet ons dit is waar. God self het ook beklemtoon dat dit waar is deur wonderlike dinge en allerhande tekens daarmee saam te laat gebeur. Hy het ook deur die Heilige Gees aan die gelowiges baie spesiale geestelike geskenke gegee soos Hy gevoel het Hy wil doen.
Read Hebreërs 2
Share
Compare all versions: Hebreërs 2:1-4
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos