2 Timoteus 1:3-7

2 Timoteus 1:3-7 DB

Soos my voorouers God gedien het, dien ek Hom ook met ’n skoon gewete omdat ek my plig gedoen het. Wanneer ek met hierdie God in gebed praat, dink ek ook aan jou, maak nie saak of dit dag of nag is nie. Ek sê dan vir Hom baie dankie vir jou. Ek onthou nog hoe jy gehuil het toe ek laas daar weg is. Ek verlang baie na jou en dit sal vir my baie lekker wees om jou weer te sien. Ek dink nogal baie aan jou en hoe opreg jy op die Here vertrou. Jy aard so reg na jou ouma Loïs en jou ma Eunice. Ek weet dat jy ook op die Here vertrou soos hulle. Jy onthou mos dat God jou ’n baie spesiale gawe gegee het toe ek my hande op jou gelê het. Maak seker dat daardie gawe net al hoe sterker word. Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.
DB: Die Boodskap
Share

2 Timoteus 1:3-7

Share