YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 6

6
Levi: Die familielyn van die hoëpriesters
1Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari. 2Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. 3Amram se kinders was Aäron, Moses en Mirjam. Aäron se seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
4Die familielyn van Eleasar loop dan in volgorde oor Pinehas, Abisua, 5Bukki, Ussi, 6Seragja, Merajot, 7Amarja, Agitub, 8Sadok, Agimaäs, 9Asarja en Joganan 10tot by Asarja, wat priester was in die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het. 11Van Asarja af loop die geslag oor Amarja, Agitub, 12Sadok, Sallum, 13Gilkija, Asarja 14en Seraja tot by Josadak. 15Josadak is saam toe die Here Juda en Jerusalem deur Nebukadnesar laat wegvoer het.
Die Levitiese families
16Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari. 17Gerson se seuns was Libni en Simi. 18Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. 19Merari se seuns was Magli en Musi.
Hier volg die Levigeslagte volgens hulle familiegroepe.
20Gerson se afstammelinge was Libni, Jagat, Simma, 21Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.
22Kehat se afstammelinge was Amminadab, Korag, Assir, 23Elkana, Abiasaf, Assir, 24Tagat, Uriël, Ussia en Saul.
25Elkana se afstammelinge was Amasai, Agimot, 26Elkana, Suf, Nagat, 27Eliab, Jerogam en Elkana.
28Samuel se seuns was Joël, die oudste, en Abia, die tweede.
29Merari se afstammelinge was Magli, Libni, Simi, Ussa, 30Sima, Gaggija en Asaja.
Die tempelmusikante
31Dawid het die volgende mense aangestel om die sang in die huis van die Here te lei sodra die verbondsark daarin neergesit is. 32Voordat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, moes hulle die sang lei voor die heilige plek, die tent waar die Here sy volk ontmoet het. Hulle het volgens ’n vaste rooster beurte gemaak om die sang te lei.
33Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel, 34Elkana, Jerogam, Eliël, Togu, 35Suf, Elkana, Magat, Amasai, 36Elkana, Joël, Asarja, Sefanja, 37Tagat, Assir, Abiasaf, Korag, 38Jishar en Kehat tot by Levi, Israel se seun.
39Heman se eerste assistent was Asaf. Hy het regs van Heman gestaan. Asaf se familielyn tot by Levi het só gelyk: oor Berekja, Sima, 40Migael, Maäseja, Malkija, 41Etni, Serag, Adaja, 42Etan, Simma, Simi, 43Jagat tot by Gerson, Levi se seun.
44Heman se tweede assistent was Etan (uit die Merarigroep). Hy het links van Heman-hulle gestaan. Etan se familielyn het teruggaan oor Kusaja, Abdi, Malluk, 45Gasabja, Amasia, Gilkija, 46Amsi, Bani, Semer, 47Magli en Musi tot by Merari, Levi se seun.
Die ander Leviete
48Die tempelmusikante se familielede, wat ook Leviete was, is aangestel om verskeie ander take by die heilige plek, die huis van God, te verrig.
49Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.
Die familielyn van die hoëpriesters
50Die nageslag van Aäron was Eleasar, Pinehas, Abisua, 51Bukki, Ussi, Seragja, 52Merajot, Amarja, Agitub, 53Sadok en Agimaäs.
Die dorpe vir Aäron se nageslag
54Hier is ’n verslag van die dorpe en gebiede wat volgens die lot aangewys is vir die nageslag van Aäron, uit die Kehatgroep. 55Hulle het Hebron in Juda gekry, met die weivelde rondom die dorp, 56maar die landerye en oop veld in die omgewing is aan Kaleb, Jefunne se seun, gegee.
57Die volgende dorpe met hulle weivelde is aan Aäron se nageslag gegee: die asielstad Hebron, wat reeds genoem is, en Libna, Jattir, Estemoa, 58Golon, Debir, 59Asan, Jutta en Bet-Semes, 60asook Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, met hulle weivelde in die Benjamingebied.
Hulle het altesaam dertien stede vir Aäron se nageslag ontvang.
Die dorpe vir die ander Leviete
61Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys.
62Vir Gerson se nageslag het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse, in Basan, dertien stede aangewys.
63Vir Merari se nageslag het hulle met die lot twaalf stede in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon aangewys.
64Die Israeliete het die stede met hulle weivelde vir die Leviete gegee. 65Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.
66Vir Kehat se nageslag is stede in die stamgebied van Efraim aangewys. 67Hulle het die volgende stede saam met hulle weivelde gekry: Sigem, ’n asielstad in die Efraimberge, asook Geser, 68Jokmeam, Bet-Goron, 69Ajalon en Gat-Rimmon. 70Die res van Kehat se nageslag het Aner en Jibleam, met hulle weivelde, gekry. Dit was in die stamgebied van die halwe Manassestam.
71Vir Gerson se nageslag is stede in vier stamgebiede aangewys: in die stamgebied van die halwe Manassestam, Golan in Basan en Astarot, albei met hulle weivelde; 72in die stamgebied van Issaskar, Kedes, Daberat, 73Ramot en En-Gannim met hulle weivelde; 74in die stamgebied van Aser, Misal, Abdon, 75Gukok en Regob met hulle weivelde; 76in die stamgebied van Naftali, Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim met hulle weivelde.
77Die res van Merari se nageslag het op verskillende plekke stede gekry: in die stamgebied van Sebulon, Rimmon en Tabor met hulle weivelde; 78oorkant Jerigo, oos van die Jordaan, in die stamgebied van Ruben, Beser in die woestyn en Jahas, 79Kedemot en Mefaät met hulle weivelde; 80in die stamgebied van Gad, Ramot in Gilead, Maganajim, 81Gesbon en Jaser met hulle weivelde.

Currently Selected:

1 Kronieke 6: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy