YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 3

3
Die familie van Dawid:
Die seuns van Dawid
1Die volgende seuns van Dawid is gebore toe hy nog in Hebron gewoon het: die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam van Jisreël was; die tweede was Daniël, wie se ma Abigajil van Karmel was; 2die derde was Absalom, wie se ma Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur was; die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was; 3die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was; die sesde was Jitream, wie se ma Egla was. 4Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was.
Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was. 5Die volgende seuns is in Jerusalem gebore: Batseba se vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo, 6asook ’n verdere nege seuns: Jibgar, Elisua, Elpelet, 7Noga, Nefeg, Jafia, 8Elisama, Eljada en Elifelet.
9Dit was al Dawid se seuns behalwe dié seuns wat hy by sy byvroue gehad het.
Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.
Die konings van Juda
10Salomo se nageslag was Rehabeam, sy seun, en dan in volgorde Abia, Asa, Josafat, 11Joram, Ahasia, Joas, 12Amasia, Asarja, Jotam, 13Agas, Hiskia, Manasse, 14Amon en Josia. 15Josia se seuns was: Joganan, die oudste, Jojakim tweede, Sedekia derde en Sallum vierde. 16Jojakim se seuns was Jojagin en Sedekia.
Jojagin se nageslag
17Jojagin, wat as gevangene na Babel weggevoer is, se seuns was Sealtiël, 18Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja. 19Pedaja se seuns was Serubbabel en Simi. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja en hulle het ’n suster Selomit gehad, 20en dan verder die vyf seuns Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed. 21Gananja se nageslag was Pelatja, sy seun Jesaja, sy seun Refaja, sy seun Arnan, sy seun Obadja en sy seun Sekanja. 22Sekanja se ses seuns was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat. 23Nearja het drie seuns gehad: Eljoënai, Hiskia en Asrikam. 24Eljoënai se sewe seuns was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.

Currently Selected:

1 Kronieke 3: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy