1 Timoteus 3:8-13 DB
Net so moet diakens mense wees wat by ander respek afdwing en op wie ’n mens kan peil trek. Hulle moet nie aan alkohol verslaaf wees of in besigheid oneerlike wins probeer maak nie. Verder moet die diep waarhede van God waarin hulle glo, hulle hele lewe vol maak. Hulle moet opreg wees en niks moet hulle gewete pla nie. Voordat hulle diakens word, moet die gemeente eers seker maak of hulle dit kan word. Die gemeente moet moeite doen om te kyk of daar nie slegte gerugte die rondte doen oor die moontlike diakens nie. As daar nie klagtes is nie, kan die persone as diakens aangestel word.
Vroue wat in die gemeente help, moet ook respek afdwing by ander. Hulle moenie skinder en uitspattig lewe nie. ’n Mens moet ook op hulle kan peil trek.
’n Diaken moet getrou bly aan sy vrou en moet ’n goeie man vir sy vrou en pa vir sy kinders wees. As hy sy werk in die gemeente goed doen, sal die mense hom respekteer. Hy sal sonder om bang of onseker te wees sy werk doen omdat hy in Christus Jesus glo.