YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 81

81
'n Feeslied en klaagsang.
1VIR die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.
2Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!
3Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
4Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
5Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.
6Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:
7Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.
8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.
9Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!
10Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.
11 Ek is die Here jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
12Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.
13Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.
14Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!
15Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.
16Die haters van die Here sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.
17Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.

Currently Selected:

PSALMS 81: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy