1
Die roeping van Jona; sy weiering en straf.
1EN die woord van die Here het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:
2Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad #II Kon. 19:36Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.
3Maar Jona het hom klaargemaak om na #I Kon. 10:22Tarsis te vlug, van die aangesig van die Here af weg; en hy het na #Jos. 19:46Jafo afgegaan en ’n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, #Gén. 4:16Jona 1:10van die aangesig van die Here af weg.
4Maar die Here het ’n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ’n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.
5Toe word die seeliede bang — #Ps. 107:28hulle het elkeen tot sy god geroep en #Hand. 27:18die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.
6Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.
7Hulle sê toe vir mekaar: Kom en #Rigt. 20:9laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.
8En hulle sê vir hom: #Jos. 7:19I Sam. 14:43Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?
9En hy antwoord hulle: Ek is ’n Hebreër, en ek vrees die Here, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.
10Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die Here af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.
11Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.
12En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.
13Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.
14Toe roep hulle tot #Jona 1:9die Here en sê: Ag, Here, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en #Deut. 21:8bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, Here, het gedoen na u welbehae.
15En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.
16Toe het die manne die Here gevrees met ’n groot vrees en ’n slagoffer aan die Here gebring en geloftes gedoen.
17En die Here het ’n groot vis beskik om #Mt. 12:40|NoBook| 16:4Lk. 11:30Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
Loading reference in secondary version...