YouVersion Logo
Search Icon

JOB 40

40
Job het die regverdigheid van God in twyfel getrek — laat Job dan nou die wêreld regeer!
1EN die Here het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
4Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
5Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
6Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
7Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
8Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
9Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
10Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
11Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
12Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
13Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
14Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
15Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
16Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
17Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
18As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
19Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
20Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
21Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
22Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
23Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
24Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
25Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
26Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?
27Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
28Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

Currently Selected:

JOB 40: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy