YouVersion Logo
Search Icon

GÉNESIS 11

11
Die toring van Babel.
1EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
2En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.
3Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
4En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
5 Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
6En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
7Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
8So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
9Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.
Afstammelinge van Sem.
10 DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.
11En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
12Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
13En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
15En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
16Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
17En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
18Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
19En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
21En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
22Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
23En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
24Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
25En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
26Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.
27En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
28En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.
29En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
30En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
31En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
32En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.

Currently Selected:

GÉNESIS 11: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy