YouVersion Logo
Search Icon

ESÉGIËL 48

48
Verdeling van die land.
1EN dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat — hy moet die ooste- en die westekant hê — Dan een deel.
2En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.
3En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.
4En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.
5En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.
6En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.
7En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.
8En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9Die offergawe wat julle aan die Here moet afgee, moet vyf-en-twintigduisend el lank wees en tienduisend breed.
10En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el en teen die weste 'n breedte van tienduisend en teen die ooste 'n breedte van tienduisend en teen die suide 'n lengte van vyf-en-twintigduisend; en die heiligdom van die Here moet in die middel daarvan wees.
11 Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.
12So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.
13Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el en 'n breedte van tienduisend; die hele lengte moet wees vyf-en-twintigduisend en die breedte tienduisend.
14En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die Here.
15Maar die vyfduisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf-en-twintigduisend — dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.
16En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vierduisend-vyfhonderd el; en die suidekant, vierduisend-vyfhonderd; en die oostekant, vierduisend-vyfhonderd; en die westekant, vierduisend-vyfhonderd.
17En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, tweehonderd-en-vyftig el; en teen die suide, tweehonderd-en-vyftig; en teen die ooste, tweehonderd-en-vyftig; en teen die weste, tweehonderd-en-vyftig.
18En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tienduisend teen die ooste en tienduisend teen die weste — dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.
19En wat die werksmense van die stad betref — uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.
20Die hele offergawe moet wees vyf-en-twintigduisend el by vyf-en-twintigduisend — vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.
21En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf-en-twintigduisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf-en-twintigduisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes — dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.
22En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.
23Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.
24En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: Símeon, een.
25En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Íssaskar, een.
26En naas die gebied van Íssaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.
27En naas die gebied van Sébulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.
28En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.
29Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here Here.
30En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vierduisend-vyfhonderd el lengtemaat.
31En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.
32En na die oostekant vierduisend-vyfhonderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.
33En die suidekant vierduisend-vyfhonderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Íssaskar, een; die poort van Sébulon, een.
34Die westekant vierduisend-vyfhonderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;
35rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!

Currently Selected:

ESÉGIËL 48: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy