YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 92

92
Dit is goed om vir die Here dankie te sê
1'n Psalm. 'n Lied. Vir die Sabbatdag.
2Dit is goed om vir die Here dankie te sê,
om te sing vir U, Hoogste God,
3om elke môre te sê dat U doen wat U belowe,
om elke nag te sê dat U dieselfde bly.
4Ek doen dit met 'n tiensnaar-harp,
en met die musiek van 'n lier,
5want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak,
ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het.
6Here, dit is groot dinge wat U gedoen het,
die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan.
7Dom mense, dwase, weet nie
en hulle verstaan nie
8dat mense wat verkeerd doen,
soos plante groei nie,
hulle verstaan nie dat dit goed gaan
met al die mense wat slegte dinge doen,
maar dat hulle vir altyd sal sterf nie.
9Maar Ú, Here, U regeer altyd oor alles.
10Ja, Here, ek weet u vyande sal verdwyn,
ja, ek weet hulle sal verdwyn,
U sal almal wat slegte dinge doen,
wegjaag na al die kante toe.
11Maar U het vir my so sterk soos 'n oer-os gemaak,
U het my laat feesvier.
12Ek het gesien hoe my vyande val,
ek het gehoor hoe skree
die mense wat téén my is,
die mense wat slegte dinge doen.
13Maar mense wat reg doen,
is soos 'n palmboom wat groei,
soos 'n sederboom wat hoog groei
op die Libanon-berg.
14Hulle is soos bome wat by die tempel staan
en wat vrugte dra op die oop stukke grond van ons God.
15Hulle dra vrugte ook wanneer hulle oud is,
hulle is sterk en altyd groen.
16Dit wys dat die Here reg doen.
Hy is my Rots, Hy doen nie verkeerd nie.

Currently Selected:

Psalms 92: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy