YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 91

91
Ek weet U sal my beskerm
1Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God,
wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm,
2dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig,
U is vir my soos 'n veilige plek in die berge.
My God, ek weet U sal my beskerm.”
3Ja, die Here sal jou red van die vangnet
waarin iemand jou wil vang,
Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes.
4Die Here sal jou beskerm
soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm,
Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos 'n skild,
soos 'n sterk muur om 'n stad.
5Jy moenie bang wees vir die dinge
wat jou in die nag laat skrik nie,
of vir die pyle wat mense in die dag na jou toe skiet nie.
6Jy moenie bang wees vir die pes
wat in die donker kom nie,
of vir die dinge wat in die dag alles verwoes nie.
7Wanneer 1 000 mense langs jou sterf, of 10 000,
dan sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie.
8Jy sal dit self sien, jy sal kyk
hoe die Here die mense straf wat verkeerd doen.
9Jy het vir die Here gevra om jou te beskerm,
jy glo dat jy veilig sal wees by die Hoogste God,
10daarom sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie,
en daar sal nooit siekte naby jou tent kom nie.
11Want die Here sal sy engele stuur
om jou te beskerm oral waar jy gaan.
12Hulle sal jou dra,
en jy sal nie jou toon teen 'n klip stamp nie.
13Jy sal leeus en slange doodtrap.
14Die Here sê:
“Ek sal hom red omdat hy aanhou
om lief te wees vir My.
Ek sal hom beskerm omdat hy My ken.
15Hy sal roep en vra dat Ek hom moet help,
en Ek sal doen wat hy vra.
Ek sal by hom wees wanneer dit sleg gaan,
Ek sal hom red en Ek sal hom belangrik maak.
16Ek sal hom lank laat lewe, baie lank,
Hy sal weet dat Ek hom gered het.”

Currently Selected:

Psalms 91: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy