YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 13

13
U moet vir my nuwe lewe gee
1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2Here, hoe lank sal U my nog vergeet,
hoe lank sal U nog aanhou
om u gesig weg te draai van my?
3Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak,
hoe lank moet ek elke dag huil en treur,
hoe lank sal my vyande nog dink
dat hulle sterker is as ek?
4Here my God, U moet luister en my antwoord,
U moet vir my nuwe lewe gee, sodat ek nie sterf nie,
5sodat my vyande nie kan sê dat hulle gewen het
teen my nie,
sodat hulle nie sal juig omdat ek geval het nie.
6En ek?
Ek glo dat U sal doen wat U belowe het.
Ek sal juig, want U sal my red,
ek sal vir die Here sing
omdat Hy goed gedoen het aan my.

Currently Selected:

Psalms 13: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy