YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 114

114
Die aarde moet bewe wanneer die Here kom
1Toe die volk Israel uit Egipte weggetrek het,
toe die nageslag van Jakob weggegaan het
van die volk wat die vreemde taal praat,
2toe het Juda die plek geword
waar die tempel staan,
en Israel het die land geword
waaroor die Here regeer.
3Die see het dit gesien en hy het gevlug,
die Jordaan-rivier het weggedraai.
4Die berge het gespring soos skaap-ramme,
die heuwels het gespring soos lammers.
5See, hoekom vlug jy?
Jordaan-rivier, hoekom draai jy weg?
6Berge, hoekom spring julle soos skaap-ramme?
Heuwels, hoekom spring julle soos lammers?
7Die aarde moet bewe wanneer die Here kom,
wanneer die God van Jakob kom.
8Dit is Hý wat rotse verander het,
dit het watergate geword,
Hy het harde klippe verander,
dit het water-fonteine geword.

Currently Selected:

Psalms 114: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy