YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 105

105
Julle moet altyd naby die Here wil wees
(Ps 105:1-15; ook 1 Kron 16:8-22)
1Julle moet vir die Here dankie sê,
julle moet sy Naam sê,
julle moet vir al die volke vertel wat Hy gedoen het.
2Julle moet sing vir Hom,
julle moet musiek maak vir Hom,
julle moet praat oor al sy wonderwerke.
3Julle moet Hom prys, Hy is heilig.
Almal wat die Here dien, moet wys dat hulle bly is.
4Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk,
julle moet altyd naby Hom wil bly.
5Julle moet dink aan sy wonderwerke
wat Hy gedoen het,
julle moet dink aan sy tekens toe Hy sy vyande gestraf het.
6Julle is die nageslag van sy dienaar Abraham,
die nageslag van Jakob wat Hy gekies het.
7Hy is ons God die Here,
Hy oordeel al die mense.
8Hy het altyd sy verbond onthou,
Hy het dit belowe vir 1 000 geslagte.
9Hy het hierdie verbond gemaak met Abraham,
Hy het dit vir Isak belowe,
10Hy het vir Jakob gesê
die verbond sal nie verander nie,
dit is 'n verbond met die volk Israel,
'n verbond wat vir altyd sal wees.
11Die Here het gesê:
“Ek gee vir jou die land Kanaän,
dit moet altyd aan julle behoort.”
12Hulle was min mense, net 'n paar mense,
en hulle was vreemdelinge in die land.
13Hulle het rondgetrek,
van een volk na 'n ander volk,
van een land na 'n ander land.
14Die Here het gesê niemand
mag sy mense verdruk nie,
Hy het konings gestraf
omdat hulle sy volk verdruk het.
15Hy het gesê:
“Julle moet niks sleg doen aan die mense
wat Ek gesalf het nie,
julle moenie slegte dinge doen aan my profete nie.”
16Die Here het hulle honger laat word,
daar was niks om te eet nie.
17Hy het 'n man gestuur om voor hulle te gaan,
die man was Josef, sy broers het hom verkoop,
en hy het 'n slaaf geword.
18Hulle het sy voete met toue vasgemaak,
hulle het 'n ysterband om sy nek gesit.
19Josef was 'n slaaf totdat die tyd gekom het
toe hy moes praat,
en die Here vir hom gesê het wat hy moet sê.
En wat hy gesê het, het gebeur.
20Die koning het mense gestuur
en hulle het vir Josef uit die tronk laat kom.
Die man wat oor volke regeer het,
het vir Josef die deure laat oopmaak.
21Die koning het vir Josef gekies en aangestel
om oor die paleis te regeer,
Josef moes regeer oor alles
wat aan die koning behoort het.
22Josef kon vir die amptenare van die koning sê
wat hy wil hê hulle moet doen.
Hy het vir die leiers geleer wat die regte dinge is
wat hulle moet doen en sê.
23Jakob het na Egipte gekom,
hy het in die land van Gam kom woon,
en hy was 'n vreemdeling daar.
24Die Here het sy volk baie kinders laat kry,
hulle het meer geword as hulle vyande.
25Die Here het die harte van die vyande verander,
hulle het sy volk gehaat
en hulle het slim planne gemaak teen sy dienaars.
26Die Here het sy dienaar Moses gestuur
en ook vir Aäron, die man wat Hy gekies het.
27Hulle het die tekens van die Here gedoen
by die Egiptenaars,
hulle het wonderwerke gedoen in die land van Gam.
28Die Here het die donker gestuur,
en dit het donker geword.
Die Egiptenaars was opstandig
teen wat die Here gesê het.
29Die Here het hulle water in bloed verander,
en hulle visse het gevrek.
30Daar het paddas oral in die land gekom,
die paddas het tot in die kamers van die koning gekom.
31Die Here het dit beveel, en toe kom daar steekvlieë
en muggies in die hele land van die Egiptenaars.
32Die Here het die reën verander, dit het hael geword,
en daar was weerlig in die land van die Egiptenaars.
33Die hael het hulle wingerde
en hulle vyebome stukkend geslaan,
dit het al die bome in die land stukkend geslaan.
34Die Here het dit beveel, en toe kom daar sprinkane,
groot swerms sprinkane, niemand kon tel hoeveel sprinkane nie.
35Die sprinkane het alles opgevreet
wat groen was in die land,
hulle het al die koring en die plante in die land opgevreet.
36Die Here het elke oudste seun in die land laat sterf,
elke kind wat gebore is toe sy pa nog sterk was.
37Die Here het al die stamme van die Israeliete uit Egipte laat gaan,
hulle het silwer en goud saamgeneem.
Niemand het gegly en geval nie.
38Die Egiptenaars was bly toe die Israeliete trek,
want hulle het baie bang geword vir die Israeliete.
39Die Here het 'n wolk laat kom
om die Israeliete toe te maak,
en Hy het 'n vuur gestuur om lig te maak in die nag.
40Die volk het gevra, en die Here het kwartels laat kom,
Hy het vir hulle meer as genoeg brood
uit die hemel gegee.
41Die Here het 'n rots oopgemaak,
en daar het water uitgekom,
die water het soos 'n rivier gevloei in die droë land.
42Ja, die Here is heilig, Hy het sy belofte onthou.
Hy het die belofte vir sy dienaar Abraham gemaak.
43Die Here het sy volk, die mense wat Hy gekies het,
laat uitgaan.
Hulle was vrolik en hulle het gesing.
44Hy het vir sy volk die lande van die heidene gegee.
Sy volk kon die goed vir hulleself vat,
die goed waarvoor die ander volke hard gewerk het.
45Hoekom het die Here dit gedoen?
Die Here het dit gedoen
sodat sy volk sal doen wat Hy vir hulle sê,
sodat hulle gehoorsaam sal wees
aan die dinge wat Hy vir hulle geleer het.
Julle moet die Here prys!

Currently Selected:

Psalms 105: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy