YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 16

16
Dit is die Here wat besluit wat reg is
1'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,
maar dit is die Here wat sê wat sal gebeur.
2'n Mens dink dat alles reg is wat hy doen,
maar die Here kyk of dit waarlik reg is.
3Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen,
dan sal jou planne slaag.
4Die Here het 'n plan met alles wat Hy gemaak het,
Hy het ook 'n plan met die mense wat verkeerd doen,
Hy sal hulle laat swaarkry.
5Die Here haat mense wat hoogmoedig is,
daardie mense sal hulle straf kry, dit is seker.
6As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe,
dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo.
As jy die Here respekteer en Hom dien,
dan sal dit nie sleg gaan met jou nie.
7Wanneer die Here tevrede is met 'n mens se lewe,
dan laat Hy ook daardie persoon se vyande
in vrede met hom lewe.
8Dit is beter om 'n bietjie te hê wat jy eerlik gekry het
as om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie.
9'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,
maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.
10Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê,
die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie.
11Die Here wil hê weegskale moet reg weeg,
Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees.
12Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen,
want hulle weet dat hulle lank sal kan regeer
as mense reg doen.
13Konings wil hê dat mense die waarheid moet praat,
hulle hou van eerlike getuies.
14Wanneer die koning kwaad word vir jou,
dan is jy naby jou dood.
As jy wysheid het,
dan sal jy probeer om die koning tevrede te hou.
15Wanneer die koning vriendelik is,
dan sal jy aanhou lewe,
wanneer hy van jou hou,
dan is dit vir jou soos die wolke
wat reën bring in die lente.
16Dit is beter om wysheid te kry as om goud te kry,
dit is beter om verstandig te wees
as om silwer te wil hê.
17Eerlike mense loop op 'n pad
waar dit nie sleg gaan met hulle nie.
As hulle op daardie pad bly,
dan hou hulle aan om te lewe.
18Wanneer iemand hoogmoedig is,
dan sal dit gou sleg gaan met hom,
wanneer hy dink dat hy beter is
as ander mense, dan sal hy gou val.
19Dit is beter om nederig te wees
saam met die mense
wat hulleself nie kan beskerm nie,
beter as om ander mense se goed te vat
en dan saam met hoogmoedige mense te lewe.
20Dit sal goed gaan met iemand wat doen
wat 'n mens vir hom leer,
hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Here
sal doen wat Hy belowe het.
21As iemand wysheid het,
dan weet mense dat hy verstandig is.
Sy woorde is soos heuning,
ander mense leer graag van hom.
22As iemand verstandig is,
dan hou hy aan om te lewe,
maar dwase kan vir 'n mens
net dom dinge leer.
23Iemand wat wysheid het, praat verstandig,
ander mense kan by hom leer.
24Woorde wat lekker is om te hoor,
is soos 'n heuningkoek,
dit is soet en dit hou 'n mens gesond.
25'n Mens dink miskien dat hy reg lewe,
maar dan bring dit hom later by die dood.
26Wanneer 'n werker honger is, dan werk hy hard,
sy honger jaag hom sodat hy kan eet.
27'n Slegte mens dink en praat net slegte dinge,
alles wat hy sê, is soos 'n vuur wat brand.
28Iemand wat ander mense wil bedrieg,
laat mense twis,
hy hou aan om te skinder
en hy maak vriende kwaad vir mekaar.
29Iemand wat ander mense altyd wil seermaak
en doodmaak, bedrieg sy vriend
en hy lei die vriend op 'n verkeerde pad.
30Wanneer iemand sy oë knip vir jou,
dan wil hy iemand bedrieg,
wanneer hy niks sê nie, dan het hy klaar besluit
om 'n verkeerde ding te doen.
31Grys hare is soos 'n mooi kroon,
'n mens lewe lank as jy reg lewe.
32'n Geduldige mens beteken meer as iemand
wat goed oorlog kan maak,
'n mens wat nie gou kwaad word nie, beteken meer
as iemand wat 'n stad kan oorwin.
33Mense kan probeer uitvind wat die regte ding is
om te doen,
maar dit is die Here wat besluit wat reg is.

Currently Selected:

Spreuke 16: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy