YouVersion Logo
Search Icon

Filippense 3

3
Pasop vir die mense wat verkeerde dinge leer!
1Daar is nog iets wat ek vir julle wil sê. My vriende, julle moet bly wees, want julle behoort aan die Here! Dit maak my nie moeg om dieselfde dinge weer en weer vir julle te skryf nie, want dit is goed vir julle. 2Julle moet oppas vir daardie slegte mense wat vir julle verkeerde dinge leer! Julle moet oppas vir daardie mense wat slegte dinge doen! Julle moet oppas vir daardie mense wat altyd almal wil besny! 3Ons het die regte besnydenis, want die Gees van God help ons om vir God te dien. Ons is trots op Christus Jesus, en ons het self dinge reggekry, maar ons weet daardie dinge sal ons nie red nie.
4Ek kan praat oor baie dinge in my lewe. Ander mense dink hierdie dinge kan 'n mens red. Hulle dink hulle kan praat oor baie dinge in hulle lewens, maar ek kan oor baie meer praat: 5My ouers het my laat besny toe ek ag dae oud was. Ek behoort aan die volk Israel, ek behoort aan die Benjamin-stam, ek is 'n ware Jood, en ek was 'n Fariseër wat alles gedoen het wat die wette sê. 6Die Joodse godsdiens was vir my so belangrik dat ek die kerk van God wou verwoes. Ek het gedink God sal my vryspreek van my sonde, want ek het alles gedoen wat die wette sê.
7Ja, ek het gedink al hierdie dinge is baie belangrik, maar ek het in Christus begin glo, en toe het ek besef dit alles beteken niks! 8Ek weet nou die belangrikste ding in die lewe is om Christus Jesus, my Here, te ken! Al die ander dinge beteken niks. Christus is vir my so belangrik dat ek al die ander dinge gelos het, ek dink dit is alles gemors. Ek het iets gekry wat baie beter is as daardie dinge, ek het vir Christus gekry! 9Ek behoort nou aan Christus. God het my vrygespreek omdat ek in Christus glo, nie omdat ek doen wat die wette sê nie, maar omdat ek glo. 10Nou ken ek Hom en ek voel sy krag in my lewe, die krag wat Hom weer laat lewe het. Ek kry ook swaar, soos Hy swaargekry het. Ja, ek sterf soos Hy gesterf het, 11en ek glo dat God my ook weer kan laat lewe nadat ek gesterf het.
Hoe Christene moet lewe
12Ek sê nie dat ek hierdie nuwe lewe al klaar het nie of dat ek al klaar is wat ek moet wees nie. Maar ek sal aanhou probeer om dit te kry, want Christus Jesus het gesê ek behoort aan Hom. 13Vriende, ek dink nie dat ek dit al klaar alles gekry het nie, maar een ding is vir my belangrik: Ek vergeet al die dinge wat verby is, en ek dink net aan die dinge wat nog sal gebeur. 14Ek is soos iemand wat resies hardloop om 'n prys te wen. Die prys is om in die hemel te kom, want God het my gekies en ek behoort aan Christus Jesus. 15Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink. 16Ons het tot nou toe die regte dinge gedoen. Ons moet aanhou om dit te doen.
17Vriende, julle moet lewe soos ek lewe en julle moet kyk hoe lewe die mense wat lewe soos ek. 18Ek het vir julle gesê en ek sê nou weer vir julle met trane in my oë: Daar is baie mense wat sê die kruis van Christus beteken niks. 19Daardie mense gaan hel toe. Hulle dink om te eet is die belangrikste ding in die lewe. Hulle is trots op die slegte dinge wat hulle doen. Hulle dink altyd aan die dinge van die wêreld.
20Maar God wat in die hemel is, is ons Koning. En ons weet die Here Jesus Christus sal uit die hemel kom om ons te red. 21Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.

Currently Selected:

Filippense 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy