YouVersion Logo
Search Icon

Ester 8

8
Mordegai word die belangrikste amptenaar van die koning
1Koning Ahasveros het dieselfde dag Haman se huis vir koningin Ester gegee, Haman was die vyand van die Judeërs. Mordegai het die belangrikste amptenaar van die koning geword, want Ester het vir die koning gesê dat Mordegai haar neef is. 2Die koning het sy seël afgehaal en hy het dit vir Mordegai gegee, dit was die seël wat hy voorheen weggeneem het van Haman. Ester het vir Mordegai gesê hy moet die bestuurder van Haman se huis wees.
Die koning sê dat die Judeërs hulleself moet verdedig
3Daarna het Ester weer met die koning gaan praat. Sy het voor hom gaan lê en sy het gehuil. Sy het vir hom gevra dat hy moet keer dat die planne van Haman, die man van die nageslag van Agag, nie slaag nie, want Haman het slegte planne teen die Judeërs gemaak. 4Die koning het die goue septer na Ester toe uitgesteek, en Ester het opgestaan en voor die koning gaan staan. 5Sy het gesê: “As die koning dink dit is goed, en as jy dink dit is reg, dan moet jy asseblief iets doen vir my. As jy lief is vir my, dan moet jy sê dat jy die briewe van Haman stop. Haman, die man van die nageslag van Agag, het die briewe geskryf, want hy wou die Judeërs in al die provinsies van die koning laat doodmaak. 6Ek wil nie hê dat so 'n slegte ding met my volk gebeur nie. Ek wil nie hê dat hulle my familie doodmaak nie.”
7Koning Ahasveros het vir koningin Ester en vir die Judeër Mordegai gesê: “Julle weet dat ek Haman se huis vir Ester gegee het en dat hulle vir Haman aan die paal opgehang het omdat hy gesê het dat hulle die Judeërs moet doodmaak. 8Niemand kan 'n brief terugtrek as dit van die koning kom en as sy seël daarop is nie. Daarom moet julle nou self briewe skryf oor die Judeërs, julle moet skryf soos julle dink is goed. Julle mag sê die briewe kom van die koning en julle mag die seël van die koning op die briewe sit.”
9In daardie tyd, in die derde maand, die maand Siwan, op die 23ste dag van die maand, het Mordegai die sekretarisse van die koning laat roep. Hulle moes skryf wat Mordegai sê, hulle moes skryf aan die Jode, aan die hoof-amptenare, die goewerneurs en die amptenare in die 127 provinsies van die land Indië, tot by die land Kus. Hulle moes skryf aan elke provinsie en aan elke volk. Hulle moes elke volk se eie skrif en sy eie taal gebruik. Hulle moes ook die Judeërs se eie skrif en taal gebruik. 10Mordegai het geskryf dat die briewe van die koning kom en hy het die seël van die koning op die briewe gesit. Boodskappers het op vinnige perde van die koning gery om die briewe weg te neem na al die provinsies. 11In die briewe was geskryf dat die koning vir die Judeërs in elke stad sê dat hulle bymekaar mag kom om te veg om hulle lewe te beskerm. Daar was ook geskryf dat hulle al die manne mag doodmaak wat vir hulle aanval, dit maak nie saak van watter volk of provinsie die manne kom nie. Hulle mag ook die manne se vroue en kinders doodmaak, en hulle mag daardie manne se goed vat. 12Dit moes gebeur in al die provinsies van koning Ahasveros, op één dag, op die 13de dag van die twaalfde maand, die maand Adar. 13Die boodskappers moes briewe na elke provinsie neem en al die mense moes weet dat dit 'n wet van die koning is. Die Judeërs moes op daardie dag gereed wees om hulle vyande te straf. 14Die boodskappers het gery op vinnige perde van die koning. Die koning het gesê hulle moet gou maak. Die mense in die stad Susan het gehoor wat die koning gesê het 15en hulle het gejuig en feesgevier. Toe Mordegai weggaan van die koning, het hy koningsklere en 'n groot goue kroon gedra, die koningsklere was van blou wol-materiaal en linne. Sy bo-kleed was van pers wol-materiaal en fyn linne. 16Die Judeërs kon weer hoop. Hulle was bly en vrolik, hulle het geweet dat hulle belangrik is vir die koning. 17In elke provinsie en elke stad waar hulle gehoor het wat die koning besluit het, was die Judeërs bly en vrolik. Hulle het feesgevier, dit was vir hulle 'n goeie dag. Baie van die ander mense het gesê dat hulle ook Judeërs is, want hulle was baie bang vir die Judeërs.

Currently Selected:

Ester 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy