YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 14

14
'n Mens wat eerlik lewe, respekteer en dien die Here
1'n Vrou wat wysheid het, sorg vir haar huisgesin,
maar 'n dwase vrou verwoes haar huisgesin.
2'n Mens wat eerlik lewe,
respekteer en dien die Here,
maar 'n mens wat nie eerlik is nie,
wys dat hy dink die Here is nie belangrik nie.
3Wanneer 'n dwaas praat,
dan wys hy hoe hoogmoedig hy is,
en hy kry straf.
Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.
4As iemand nie beeste het nie,
dan sal die koring in die krip nie opraak nie,
maar as hy een sterk bees het,
dan kan hy baie koring op die koringland hê.
5'n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,
maar 'n vals getuie hou aan om te lieg.
6Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,
ook nie wanneer hy dit soek nie.
'n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.
7Jy moet weggaan van 'n dwase mens,
jy sal niks by hom leer nie.
8'n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,
dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.
9'n Mens wat baie dwaas is, spot
wanneer hy 'n skuld-offer moet bring,
maar eerlike mense wil hê dat God
hulle offers moet aanvaar.
10'n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,
en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.
11Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou,
maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense.
12Iemand kan dink dat hy reg lewe,
maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.
13'n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,
maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.
14Iemand wat verkeerd lewe,
sal die straf kry wat hy moet kry,
maar 'n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.
15Mense wat baie min weet, glo enige iets,
'n slim mens dink goed voordat hy iets doen.
16'n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,
en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.
'n Dwaas dink nie wat hy doen nie,
hy dink hy sal altyd veilig wees.
17Iemand wat gou kwaad word, doen dom dinge.
Mense haat iemand wat skelm planne maak.
18Mense wat baie min weet en wat nie wil leer nie,
word dwase.
Slim mense weet baie, en ander mense sien dit.
19Slegte mense moet buig voor goeie mense,
mense wat verkeerd doen, moet buig by die poorte
van die mense wat reg lewe.
Arm mense en ryk mense
20Niemand hou van 'n arm mens nie,
ook nie die persoon naby hom nie,
maar 'n ryk mens het baie vriende.
21'n Sondaar dink die mense wat naby hom is,
is nie belangrik nie,
maar die persoon wat goed is vir mense
wat hulleself nie kan beskerm nie,
is 'n gelukkige mens.
22Mense wat besluit om slegte dinge te doen,
weet nie wat met hulle sal gebeur nie.
Mense wat besluit om goeie dinge te doen,
doen wat hulle belowe het, hulle verander nie.
23Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge.
Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.
24 Wyse mense is ryk, en ander mense respekteer hulle,
maar dwase mense bly dwaas.
25Wanneer 'n getuie die waarheid praat,
dan red hy mense se lewens,
maar wanneer 'n getuie aanhou om leuens te vertel,
dan maak hy alles vals.
26Iemand wat die Here respekteer en dien, is veilig,
en die Here beskerm daardie persoon se kinders ook.
27As jy die Here respekteer en dien, dan sal jy aanhou lewe,
jy sal nie in die vangstrikke van die dood kom nie.
28Mense respekteer 'n koning
wanneer hy oor 'n groot volk regeer,
maar iemand wat oor min mense regeer,
bly nie lank 'n koning nie.
29Iemand wat nie gou kwaad word nie, is baie verstandig,
maar iemand wat gou kwaad word,
wys vir almal dat hy 'n dwaas is.
30Wanneer 'n persoon kalm dink oor dinge,
dan bly hy gesond,
maar wanneer hy jaloers is, dan maak dit hom siek.
31Wanneer iemand 'n arm mens verdruk,
dan beledig hy die Here wat die arm mens gemaak het.
As iemand goed is vir 'n arm mens,
dan respekteer en dien hy die Here.
32'n Mens wat verkeerd doen,
sterf omdat hy slegte dinge doen,
die mens wat reg lewe,
weet dat die Here hom beskerm,
ook wanneer hy sterf.
33 Wysheid pas by 'n verstandige mens,
maar 'n dwaas weet niks van wysheid nie.
34Almal respekteer 'n volk
wanneer sy mense reg doen,
maar wanneer sy mense sonde doen,
dan moet 'n volk skaam wees.
35'n Koning hou van 'n verstandige amptenaar,
maar die koning word kwaad
wanneer die amptenaar nie sy werk doen nie.

Currently Selected:

Spreuke 14: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy