YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 9

9
Paulus mag geld kry vir sy werk in die gemeente, maar hy wil niks hê nie
1Julle moet dit weet: Ek is vry, ek kan doen wat ek wil doen. Ek is 'n apostel, ek het vir Jesus ons Here gesien. Julle glo in die Here omdat ek die goeie boodskap vir julle gebring het. 2Ander mense dink miskien dat ek nie 'n apostel is nie. Maar julle mag nie so dink nie, want julle glo in die Here, en dit wys dat ek 'n apostel is.
3Ek wil graag die mense antwoord wat sê dat ek nie 'n apostel is nie. Ek sê vir hulle: 4Ons, ek en die persone wat saam met my werk, mag vra dat die gemeentes vir ons moet sorg. 5Elkeen van ons mag sy vrou saamneem, en die gemeentes moet vir hulle sorg. Die ander apostels en die broers van die Here en Sefas neem ook hulle vroue saam. 6Ek en Barnabas mag ook vir die gemeentes vra om vir ons te sorg, sodat ons dan nie ook ander werk moet doen om vir onsself te sorg nie. 7Julle weet dat 'n soldaat nie vir sy eie kos betaal nie, en iemand wat 'n wingerd plant, mag van die druiwe eet, en iemand wat skape en bokke oppas, mag van hulle melk drink. 8Ek sê dit omdat dit iets is wat almal weet, en die Wette van Moses sê dit ook. 9In die Wette van Moses is geskryf:
Jy mag nie 'n bees se bek
toebind wanneer hy die korrels
uit die koring-are trap nie.
Is God bekommerd oor die beeste of is Hy bekommerd oor óns? 10Hy is bekommerd oor óns, dit is seker. Daar is geskryf:
Wanneer iemand ploeg
en die korrels
uit die koring-are haal,
dan hoop hy om iets te kry.
Moses het dit geskryf om vir ons te help, hy het aan óns gedink. 11Ons het vir julle geestelike dinge geleer, ons het dit in julle harte gesaai. Daarom mag ons dinge van julle kry waarvan ons kan lewe. 12Julle sorg vir ander werkers in die gemeente. Daarom mag ek en Barnabas nog meer vra dat julle vir ons moet sorg.
Ons kry swaar, maar ons kies om vir onsself te sorg. Want dan is ons seker dat daar niks is wat julle sal keer om te glo in die goeie boodskap van Christus nie. 13Julle weet baie goed dat die priesters wat in die tempel werk, van die kos eet wat die mense na die tempel bring. En die priesters wat by die altaar werk, eet ook van die vleis wat hulle op die altaar offer. 14Daarom het die Here Jesus gesê dat almal wat die goeie boodskap bring, ook van die offers mag neem wat die mense gee, hulle moet daarvan lewe. 15Maar ek self het nog nooit gevra dat die gemeentes vir my moet sorg nie. Julle moet ook nie dink ek skryf oor hierdie dinge sodat julle nou vir my moet begin sorg nie. Ek wil nie hê dat iemand vir my moet sorg nie. Nee, as iemand dit vir my moet doen, dan sal dit vir my beter wees om te sterf. Want ek is trots daarop dat ek die goeie boodskap bring, en ek vra nie dat julle vir my moet betaal nie. 16Julle moet goed verstaan: Ek bring die goeie boodskap, maar ek doen dit nie sodat ek trots kan wees omdat ek dit doen nie. Nee, ek móét dit doen, ek kan nie besluit om iets anders te doen nie. Dit sal baie sleg gaan met my as ek nié die goeie boodskap bring nie. 17As ek die goeie boodskap bring omdat ek self gevra het om dit te doen, dan kan ek vir julle geld vra omdat ek dit doen. Ek bring die goeie boodskap, maar nie omdat ek self gekies het om dit te doen nie, ek doen dit omdat die Here vir my hierdie belangrike werk gegee het. 18Dink julle nou dat ek niks beloning kry nie? Nee, my beloning is dat ek die goeie boodskap bring en dat julle niks betaal daarvoor nie. Ek kán vra dat julle vir my moet sorg, maar ek doen dit nie.
19Ek is vry om te doen wat ek wil doen, maar ek het besluit om 'n slaaf van almal te word, sodat meer mense in Christus kan glo. 20Ek het vir die Jode soos 'n Jood geword, sodat die Jode in Christus kan glo. Ja, die Jode probeer om alles te doen wat die Wette van Moses sê, en ek het vir hulle geword soos iemand wat ook probeer om alles te doen wat die wette sê. In my hart weet ek dat dit nie belangrik is dat ek alles moet doen nie, maar ek doen dit sodat die Jode ook in Christus kan glo, die Jode wat nog probeer om alles te doen wat die Wette van Moses sê. 21Die heidene ken nie die Wette van Moses nie, en vir húlle het ek geword soos iemand wat ook nie die Wette van Moses ken nie. Maar ek lewe altyd soos God se wette sê, ek lewe soos Christus dit verduidelik het. Ek doen dit omdat ek hoop dat die heidene ook in Christus sal glo, die heidene wat nie die Wette van Moses ken nie. 22Party gelowiges se geloof is nog swak en hulle dink dat al die Wette van Moses vandag nog belangrik is. Ek het ook soos een van daardie gelowiges geword. Só het ek probeer om hulle sterker in Christus te laat glo.
Ek het probeer om soos almal te wees, sodat ek miskien party van hulle kan red. 23Ek doen dit alles vir die goeie boodskap van Christus, sodat ek self ook kan kry wat Hy in sy boodskap belowe.
24Julle weet dit baie goed: Wanneer mense resies hardloop, dan is daar baie atlete wat hardloop, maar net één wat wen. Julle moet só hardloop dat julle kan wen. 25Elkeen wat resies wil hardloop, weet dat daar baie dinge is wat hy nie mag doen nie. As hy daardie verkeerde dinge doen, dan kan hy nie wen nie. En as hy wen, dan kry hy 'n lourier-krans. Hierdie kransie se blare bly nie lank mooi nie, dit verlep gou. Maar óns wat werk vir die goeie boodskap van Christus, ons kry 'n prys wat altyd mooi bly, dit verlep nooit nie. 26Daarom hardloop ek soos iemand wat baie graag wil wen. Ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie, ek slaan soos iemand wat iets wil raakslaan. 27Ek oefen baie hard sodat my liggaam alles kan doen wat ek wil hê dit moet doen. As ek dit nie doen nie, dan help dit nie dat ek vir ander mense preek nie. Want dan sê ek wat hulle moet doen, maar wanneer ek dit self moet doen, dan kan ek dit nie doen nie.

Currently Selected:

1 Korintiërs 9: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy