YouVersion Logo
Search Icon

SEFANJA 1

1
1Sefanja was die seun van Kusi, wat weer die seun van Gedalja was. Gedalja was die seun van Amarja, en hy was weer die seun van Hiskia.
Die Here het boodskappe vir Sefanja gegee toe Josia, die seun van Amon, koning van Juda was.
Oordeel kom vir Juda
2Die Here sê:
“Ek gaan alles op aarde wegneem:
3mens en dier,
die voëls van die hemel
en die visse in die see.
Ek laat die goddeloses struikel
en vee hulle van die aarde af.
Ek, die Here, sê so!
4Juda en die inwoners van Jerusalem
gaan Ek straf.
Ek gaan elke greintjie wat oor is
van die Baälaanbidding vernietig:
die bestaan van die afgodspriesters
en hulle priesterskap;
5die mense wat op hulle dakke gaan
en buig om die sterre te aanbid;
die mense wat belowe om trou te wees
aan die Here,
maar terselfdertyd trou bewys
aan Molek.
6Ek gaan ook die mense vernietig
wat My altyd aanbid het,
maar dit nou nie meer doen nie.
Hulle stel nie meer in die Here belang
of raadpleeg Hom nie.”
7Wees stil in die teenwoordigheid
van die oppermagtige Here,
want die Here se oordeelsdag is naby.
Die Here berei ’n offerfees voor,
sy gaste het Hy reeds voorberei.
8Die Here sê:
“Op die dag van die offerfees
sal Ek die leiers en die prinse straf.
Ek sal ook die mense straf
wat heidense gewoontes navolg.
9Op dié dag sal Ek die mense straf
wat deelneem aan
heidense praktyke.
Dit sluit mense in wat ander bedrieg
en geweld aandoen
sodat die huise van hulle meesters
vol gemaak word met buit.”
10Die Here sê ook:
“Op dié dag sal hulpkrete opgaan
by die Vispoort
wat tot by die nuwer deel van die stad
sal weerklink.
Harde knalslae
sal vanuit die heuwels opklink.
11Inwoners van die markplek, huil!
Want almal sal sterf
wat daar koop en verkoop.
12In dié tyd sal Ek in Jerusalem
al die donker hoekies
met lampe deursoek na hulle
wat so selftevrede in sonde lewe.
Ek sal hulle straf!
Hulle dink mos:
‘Die Here doen niks nie,
nie goed of sleg nie.’
13Maar die vyand
sal juis hierdie mense
se besittings plunder
en hulle huise verwoes.
Hulle sal nie die voorreg geniet
om hulle nuwe huise te bewoon nie.
Hulle sal ook nie drink
van die wyn
van die wingerde
wat hulle aangeplant het nie.
14“Die verskriklike Dag van die Here is naby.
Die dag sal in ’n oogwink aanbreek.
Bitter uitroepe sal opklink,
dapper mans sal huil.
15Dan sal Hy sy woede uitstort:
’n Tyd van swaarkry en angs.
’n Tyd van verwoesting
en vernietiging.
Dis ’n donker, uitsiglose tyd,
soos ’n swaar bewolkte dag,
16’n tyd van trompetgeskal
en oorlogskrete wat weerklink
oor versterkte stede
en vestingtorings.
17“Ek bring benoudheid oor julle.
Julle sal loop soos blindes
wat pad soek
omdat julle teen My, die Here,
gesondig het.
Julle bloed sal uitgegiet word
soos stof,
julle ingewande soos mis.”
18Die dag wanneer die Here
sy woede wys,
sal julle silwer en goud
van geen nut vir julle wees nie.
Die vuur van sy ywer
sal die hele land verteer.
Hy maak ’n skielike einde
aan alle mense op die aarde!

Currently Selected:

SEFANJA 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy