YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 1

1
God het deur Jesus Christus op ’n unieke manier met ons gepraat
1Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. 2Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak. 3Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God#1:3 Vgl Ps 110:1. ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.
Jesus Christus as die Seun oortref die engele verreweg
4Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.
5God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie:
“Jy is my Seun.
Vandag het Ek jou Vader geword.”#1:5a Ps 2:7.
Op ’n ander plek sê God weer:
“Ek sal sy Vader wees,
en Hy sal my Seun wees.”#1:5b 2 Sam 7:14.
6En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:
“En laat al die engele van God
Hom aanbid.”#1:6 Deut 32:43 (LXX).
7God sê van die engele:
“Hy verander sy engele in stormwinde,
sy dienaars in vuurvlamme.”#1:7 Ps 104:4.
8Maar vir die Seun sê Hy:
“U troon, o God, staan vir altyd
onwankelbaar vas.
U koninklike heerskappy
word gekenmerk
deur regverdigheid.
9U het lief wat reg is
en U haat wat verkeerd is.
Daarom het, o God, u God
U met jubelende vreugde
tot koning gesalf –
ver verhewe bo almal
saam met U.”#1:8-9 Ps 45:7-8.
10En verder:
“O Here, U het heel aan die begin
die fondamente
van die aarde gelê,
en die hemele is u handewerk.
11Hierdie dinge sal vergaan,
maar U bly vir altyd.
Hulle sal almal
soos klere verslete raak.
12Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol;
soos ’n bo-kleed
sal hulle verander word.
Maar U bly steeds Uself
en U leef vir altyd.”#1:10-12 Ps 102:26-28.
13En God het nooit aan ’n engel gesê nie:
“Sit aan my regterhand#1:13a Die ere- en regeerposisie.
totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp#1:13b Grondteks ’n voetbankie onder jou voete gemaak. het.”#1:13c Ps 110:1.
14Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.

Currently Selected:

HEBREËRS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy