YouVersion Logo
Search Icon

HABAKUK 1

1
1Die boodskap wat die profeet Habakuk in ’n visioen ontvang het.
Habakuk se klag
2 Here, hoe lank moet ek nog
roep om hulp?
U luister nie na my nie.
“Geweld!” roep ek baie hard,
maar U red my nie.
3Waarom laat U my die onreg
en die ellende om my sien?
Waar ek ook al kyk,
sien ek vernietiging en geweld.
Ek is omring deur mense
wat daarvan hou
om te stry en te baklei.
4Die wet het sy krag verloor
en is onbruikbaar.
Reg seëvier ook nie in die howe nie.
Daar is baie meer goddelose mense
as dié wat reg doen.
Daarom is die regsuitsprake verdraaid.
Die Here se antwoord
5Die Here het geantwoord:
“Kyk na die nasies en staan verbaas!
Let op en staan verstom!
Ek doen iets in jou leeftyd,
iets wat jy nie sou glo
as iemand anders jou dit vertel nie.
6Ek laat toe dat die Galdeërs#1:6 Grondteks die Babiloniërs.
die nuwe wêreldmag word.
Hulle is wreed en gewelddadig,
’n nasie wat die wêreld
deurkruis om ander se woonplekke
af te neem.
7Hulle is bekend
vir hulle verskriklike wreedheid.
Hulle doen net wat hulle wil
en niemand kan hulle keer nie.
8Hulle perde is vinniger as luiperds.
Hulle is vurige mense,
erger as wolwe teen skemeraand.
Soos arende
duik hulle neer op hulle prooi.
9“Hulle beur vorentoe,
gereed vir geweld.
Hulle leërs kom aangestorm
soos ’n wind uit die woestyn.
Hulle versamel krygsgevangenes
soos sand.
10Hulle maak ’n bespotting
van konings
en lag regeerders uit.
Al die vestings minag hulle.
Teen die mure
stapel hulle grondwalle op
en neem die vestings in.
11Hulle swiep verby soos die wind,
en verdwyn.
Maar hulle is skuldig,
hulle verafgod hulle eie krag.”
Habakuk se tweede klag
12O Here my God, my Heilige,
U is daar van altyd af.
Sekerlik is dit tog nie u plan
om ons uit te wis nie!
O Here, ons Rots,
U het die Babiloniërs aangestel
om ons te straf.
13U is te regverdig om onreg te duld.
Maar is dit vir U moontlik
om met gevoeligheid te sien
hoe hulle ons verswelg?
Is dit reg dat U stilbly
terwyl goddeloses dié verslind
wat meer regverdig is as hulle?
14Is ons maar soos visse
wat gevang en doodgemaak word?
Is ons soos kruipende insekte,
sonder iemand
om hulle te lei?
15Moet ons aan hoeke gevang
en met nette uitgetrek word?
Hulle versamel ons met sleepnette
en juig daaroor.
16Hulle bring offers vir hulle nette
en brand wierook ter ere van hulle.
Hulle sê:
“Die nette laat ons in weelde leef
en voorsien ons van volop kos!”
17Gaan U toelaat
dat hulle altyd hiermee wegkom?
Gaan hulle vir altyd suksesvol wees
met hulle gevoellose oorwinnings?

Currently Selected:

HABAKUK 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy