YouVersion Logo
Search Icon

EFESIËRS 6

6
Ouers en kinders
1Kinders, omdat julle aan die Here verbonde is, moet julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te doen!
2“Eer jou vader en jou moeder” is die eerste van die Tien Gebooie#6:2 Grondteks gebod. waaraan ’n belofte verbind is: 3“Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde mag lewe.”#6:2-3 Eks 20:12.
4En pa’s, moenie julle kinders so behandel dat hulle verbitterd word nie, maar voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra#6:4 Grondteks van die Here..
Slawe en eienaars
5Slawe, wees gehoorsaam aan julle aardse eienaars. Respekteer en eerbiedig hulle sonder om skynheilig te wees#6:5 Grondteks met ’n onverdeelde hart.. Gehoorsaam hulle soos julle Christus sou gehoorsaam. 6Moenie mense probeer tevrede stel deur net gehoorsaam te wees wanneer hulle julle kan sien nie. Nee, werk as slawe van Christus wat met volle oorgawe#6:6 Of met jou hele wese. God se wil doen. 7Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. 8Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon, of dit nou slawe is of vry mense.
9En eienaars, julle moet met dieselfde verantwoordelikheid teenoor julle slawe optree#6:9a Grondteks moet dieselfde teenoor hulle doen.. Hou op om julle slawe te dreig. Julle weet mos dat julle een en dieselfde Eienaar#6:9b Of Here. in die hemel het, en dat Hý niemand voortrek nie.
Ons moet God se gevegstoerusting aantrek
10Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here#6:10 Grondteks in die Here., ja, in die krag van sý sterkte! 11Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. 12Want ons stryd is nie teen mense#6:12 Grondteks vleis en bloed. nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.
13Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval#6:13 Of in die dag van onheil., sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan. 14Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan. 15Trek die bereidheid om die Goeie Nuus#6:15, 19, 20 Of evangelie. van vrede te verkondig aan soos skoene aan julle voete. 16Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet#6:16 Grondteks die vurige pyle van die Bose.. 17Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm. En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord.
18Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort#6:18 Grondteks vir al die heiliges.. 19Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus#6:15, 19, 20 Of evangelie. bekend te maak. 20As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus#6:15, 19, 20 Of evangelie. is ek in boeie. Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig.
Groete en slot
21Tigikus, die geliefde broer, wat die Here getrou dien, sal julle alles vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen. 22Ek stuur hom juis hiervoor na julle toe, dat julle kan weet hoe dit met ons gaan en gerusgestel kan word#6:22 Grondteks julle harte kan troos..
23Mag God die Vader en die Here Jesus Christus vrede, liefde en geloof vir ons broers en susters#6:23 Grondteks broers. gee. 24Mag God se genade met almal wees wat ons Here Jesus Christus met ’n blywende liefde liefhet.

Currently Selected:

EFESIËRS 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy