YouVersion Logo
Search Icon

EFESIËRS 5

5
Lewe in die lig
1Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God.
3Soos dit pas by mense wat aan God behoort#5:3a Grondteks heiliges., moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele son-des, immorele optredes#5:3b Grondteks onreinheid. of gierigheid nie. 4Ook skur-we stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank. 5Want hiervan kan julle seker wees: niemand wat seksuele sondes en immorele dade doen, en nie-mand wat gierig lewe – so iemand dien immers ’n afgod – sal ’n erfdeel ontvang in die koninkryk van Christus en van God nie.
6Moenie om die bos gelei word deur mense wat verskonings soek vir hierdie sondes nie. Die feit is: omdat mense deur sulke#5:6 Grondteks bogenoemde. dinge aan God onge-hoor-saam is, word hulle deur sy straf getref.
7Dus: moenie saam met hulle aan hierdie dinge deel-neem nie. 8Jul-le lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle ver-bon-denheid met die Here#5:8a Grondteks in die Here., is julle in-der-daad die ene lig. Leef dan soos mense#5:8b Grondteks kinders. van die lig. 9Uit dié lig kom mos alles wat goed en reg en waar is. 10Vind uit watter dinge die Here tevrede stel 11en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ont-masker eerder hierdie werke, 12want mense doen in die geheim dinge wat te skandelik is vir woorde. 13Maar as die lig daarop skyn#5:13 Grondteks dit deur die lig geopenbaar word., kom alle dinge se wa-re ka-rakter aan die lig, 14en alles waarvan die ware ka-rak-ter aan die lig kom, is self lig. Daarom sê die lied:
“Word wakker, jy wat slaap;
staan op uit die dood#5:14 Grondteks staan op tussen die dooies uit.,
en Christus sal jou verlig!”
Leef Geesvervul!
15Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! 16Benut elke geskikte ge-leentheid#5:16 Grondteks Koop die geleentheid uit., want ons lewe in slegte tye. 17Moenie on-deurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is.
18Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak 19en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.
20Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.
Die Christelike huwelik
21Omdat julle respek het vir Christus#5:21 Grondteks in die vrees van Christus., moet julle aan mekaar onderdanig wees. 22Vroue, julle moet aan julle mans onderdanig wees, soos aan die Here. 23Op dieselfde manier wat Christus hoof is van die kerk, is ’n man hoof van sy vrou.#5:23a Grondteks ’n Man is immers die hoof van sy vrou, soos Christus hoof is van sy kerk. Christus het sulke hoofskap uitgeoefen toe Hy die kerk#5:23b Grondteks sy liggaam. verlos het. 24Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet julle, vroue, in alles elkeen aan julle eie man onderdanig wees.
25Mans, julle moet julle vroue liefhê net soos Christus die kerk liefgehad het toe Hy sy lewe daarvoor gegee het 26om só die kerk aan God toe te wy#5:26 Grondteks sodat Hy die kerk kan heilig. nadat Hy die kerk met die water en deur die woord gereinig het en 27sodat Hy die kerk in al sy skoonheid voor Hom kan stel, nie met enige vlek of plooi of enige ander onsierlikheid nie, maar aan God toegewy#5:27 Grondteks maar heilig. en onberispelik.
28Op dieselfde manier moet mans hulle eie vroue liefhê. Hulle moet hulle liefhê asof hulle hulle eie liggame is. ’n Man wat sy eie vrou liefhet, het dus eintlik homself lief. 29’n Mens haat mos nie jou liggaam nie, maar voed en versorg dit. Christus maak net so met ons, die kerk, 30omdat ons ledemate van sy liggaam is.
31Daar staan mos: “’n Man sal weggaan van sy pa en ma en een word met sy vrou, en hulle twee sal een wees.”#5:31 Gen 2:24. 32Dit is eintlik ’n diep geheim#5:32 Grondteks ’n groot geheim., en ek noem dit om die verhouding tussen Christus en die kerk te beskryf. 33Dit geld egter ook vir julle: Elkeen van julle moet sy eie vrou liefhê soos hy homself liefhet, en die vrou moet haar man respekteer.

Currently Selected:

EFESIËRS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy