YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 1

1
Jesus belowe die Heilige Gees aan sy dissipels
1Beste Teofilus
In my eerste boek#1:1 Verwys na die Evangelie volgens Lukas. het ek jou vertel van alles wat Jesus begin doen en leer het 2tot op die dag toe Hy opgeneem is.
Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee. 3In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat.
4’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: 5Johannes het met#1:5 Of in. water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
6Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak#1:6 Grondteks die koninkryk van Israel weer gaan oprig.?”
7“Die Vader bepaal hierdie datums#1:7 Grondteks tye en datums.,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. 8Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel#1:8 Of my getuies wees. – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”
Jesus word in die hemel opgeneem
9Hy het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn. 10Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan.
11Die twee mans sê toe: “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!”
Mattias word as Judas se opvolger verkies
12Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer#1:12 Grondteks ’n sabbatsreis ver.. 13Hulle is toe na die bovertrek toe waar hulle tuisgegaan het. Die volgende persone was daar: Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Filippus, Tomas, Bartolomeus, Matteus, Jakobus (seun van Alfeus), Simon die Yweraar#1:13 Grondteks Seloot, iemand met besondere godsdienstige en/of politieke ywer., en Judas (seun van Jakobus).
14Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by.
15In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges#1:15 Grondteks broers.. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê:
16“Medegelowiges#1:16 Grondteks Broers., dit was nodig dat die Skrif oor Judas vervul moes word – dié man wat die tempelpolisie wat Jesus wou arresteer, na Hom toe gelei het. Die Heilige Gees het dit al lankal voorspel toe Hy deur Dawid daaroor gepraat het. 17Judas was inderdaad een van ons, en hy is ook saam met ons gekies vir hierdie bediening.”
18(Met die omkoopgeld wat Judas vir sy verraad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en sy middellyf het oopgebars. Al sy ingewande het uitgepeul. 19Die nuus oor sy dood het vinnig onder die inwoners van Jerusalem versprei. Hulle het daardie plek toe Akeldama genoem, ’n Aramese woord wat “Bloedgrond” beteken.)
20Petrus het voortgegaan: “Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan:
‘Laat sy woonplek verlate word;
laat niemand daar bly nie.’#1:20a Ps 69:26.
“En op ’n ander plek:
‘Laat iemand anders
sy toesigverantwoordelikheid#1:20b Grondteks amp as opsiener.
oorneem.’#1:20c Ps 109:8.
21“Daarom moet ons nou iemand anders kies. Dit moet een van die mans wees wat die hele tyd toe die Here Jesus by ons was, ook saam met ons was – 22van die tyd toe Jesus heel aan die begin deur Johannes gedoop is, tot op die dag toe Hy van ons in die hemel opgeneem is. Die een wat gekies word, sal saam met ons ’n getuie wees van Jesus se opstanding.”
23Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. 24Hulle bid toe saam dat die regte een verkies word. “Here,” het hulle gebid, “U ken elke hart. Wys ons watter een U gekies het 25om as apostel te dien in die plek van Judas wat ons in die steek gelaat het en na die plek toe is waar hy hoort.” 26Hulle het toe geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.#1:26 Grondteks So het hy op die lys gekom saam met die elf apostels.

Currently Selected:

HANDELINGE 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy