YouVersion Logo
Search Icon

2 JOHANNES 1

1
Die briefskrywer, geadresseerdes en seëngroet
1Dié brief kom van die ouderling en word gerig aan die vrou#1:1a Of gemeente. wat uitgekies is; dit gaan ook aan haar kinders#1:1b Of gemeentelede. wat ek werklik liefhet#1:1c Grondteks liefhet in die waarheid. – nie net ek nie, maar ook almal wat ’n persoonlike belewenis van die waarheid het#1:1d Grondteks wat die waarheid ken.. 2Dié waarheid het in ons stewig inslag gevind en sal vir altyd by ons wees.
3Mag die genade#1:3a Of onverdiende goedheid., ontferming en vrede wat van God die Vader af kom, en van sy Seun, Jesus Christus, met ons wees – ons wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid en die liefde leef#1:3b Grondteks ons wat in die waarheid en die liefde is..
Die waarheid moet jou leefstyl bepaal
4Ek was baie bly toe ek van jou kinders raakgeloop het wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid leef#1:4 Grondteks wat in die waarheid leef. volgens die opdrag wat ons van die Vader ontvang het.
5En nou dring ek daarop aan, geagte Vrou, dat ons moet aanhou om mekaar lief te hê. Dit is nie asof ek ’n nuwe opdrag aan julle voorhou nie, maar ’n oue wat ons van die heel begin af het.
6Liefde bestaan daarin dat ons moet aanhou om volgens sy opdragte te leef. Dié opdrag vra dat ons in ’n hegte verbintenis daaraan#1:6 Grondteks dat ons daarin. moet bly leef, soos julle van die heel begin af gehoor het.
7Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier en die antichris. 8Wees op die uitkyk vir sulke mense sodat ons nie sal verloor waarvoor ons baie hard gewerk het nie, maar eerder die volle beloning sal ontvang.
9Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer leef#1:9 Grondteks Wie in die leer bly., het deel aan die Vader en die Seun. 10As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie. 11Elkeen wat hom groet, vereenselwig hom met daardie persoon se bose optrede.
Slot
12Ek het nog baie dinge om aan julle te skryf, maar ek wil dit nie met papier en ink doen nie, omdat ek hoop om by julle uit te kom en van aangesig tot aangesig met julle te praat#1:12 Grondteks en mond tot mond te praat., sodat ons ten volle gelukkig kan wees.
13Die kinders#1:13a Of gemeentelede. van jou suster#1:13b Of sustergemeente., die vrou wat uitgekies is, stuur vir jou groete.

Currently Selected:

2 JOHANNES 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy