YouVersion Logo
Search Icon

2 KORINTIËRS 9

9
Ondersteun hierdie kollekte met dankbaarheid en blydskap
1Dit is eintlik oorbodig dat ek aan julle skryf oor die bediening aan die gelowiges#9:1, 9:12 Grondteks heiliges. in Jerusalem. 2Ek ken julle gewilligheid en ek het al by die Masedoniërs oor julle gespog. “Agaje#9:2 Agaje is die suidelike deel van die Griekse skiereiland.,” het ek opgemerk, “het al ’n jaar gelede voorbereidings begin tref.” En julle ywer het ook die meeste ander aangespoor. 3Ek het hier-die broers gestuur sodat ons woorde van lof oor jul-le in hierdie saak nie leë woorde sal wees nie, en so-dat julle gereed kan wees, soos ek reeds gesê het dat jul-le al is. 4So nie, as daar Masedoniërs saam met my kom, en sien dat julle nog nie gereed is nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle – om nie eers te praat van julle eie skaamte nie. 5Daarom beskou ek dit as noodsaaklik om die broers aan te spoor om voor-uit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer ge-reedmaak wat julle vroeër reeds beloof het. Dan sal dit gereed wees as ’n vrywillige dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.
6Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. 7Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 8En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee so-dat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk. 9Soos daar geskryf staan:
“Hy het uitgedeel
en gegee aan die armes;
sy goedhartigheid
bly vir altyd staan.”#9:9 Ps 112:9.
10God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. 11In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons toedoen bring julle vrygewigheid mee dat God gedank word. 12Die bediening van hierdie hulp voorsien nie net in die behoeftes van die gelowiges#9:1, 9:12 Grondteks heiliges. in Jerusalem nie, maar word ’n stroom van danksegging teenoor God. 13Deur hierdie diensbetoning sal hulle aan God die eer gee. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en ook oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. 14Hulle sal ook vir julle bid en na julle verlang omdat die genade#9:14 Of onverdiende goedheid. van God oor julle só groot was.
15Dank aan God vir sy onbeskryflike gawe!

Currently Selected:

2 KORINTIËRS 9: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy