YouVersion Logo
Search Icon

1 PETRUS 5

5
Die ouderlinge moet God se kudde as herders goed oppas
1Nou rig ek my tot die ouderlinge onder julle. Ek is self mede-ouderling én getuie van die lyding van Christus. Ek sal self ook deel hê aan sy heerlikheid wat geopenbaar gaan word. As ’n mede-ouderling doen ek ’n beroep op julle: 2As herders moet julle die kudde van God goed oppas; hulle is aan julle toevertrou. Hou gewillig toesig oor hulle, nie omdat julle gedwing word nie, maar omdat julle wil doen wat God wil hê; nie om julleself finansieel te verryk nie, maar omdat julle graag in God se diens staan.
3Moenie baasspeel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar stel die voorbeeld vir die kudde. 4En wanneer die Hoofherder verskyn, sal julle deel kry aan sy heerlikheidskroon wat nooit vergaan nie.
Die jong manne moet hulle taak in alle nederigheid uitvoer
5En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge#5:5a Of ouer mense.. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan#5:5b Grondteks in julle verhouding met mekaar nederigheid soos ’n kledingstuk aantrek., want:
“God is téén dié wat te veel van
hulleself dink,
maar dié wat besef hoe afhanklik
hulle van Hom is,
aan húlle
gee Hy sy genade#5:5c, 10, 12 Of onverdiende goedheid..”#5:5d Spr 3:34.
6Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak.
7Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.
Wees op julle hoede vir die duiwel en dink aan die komende heerlikheid
8Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. 9Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.
10In sy genade#5:5c, 10, 12 Of onverdiende goedheid. het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak.
11Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.
Die doel van die brief, groete en seëngroet
12Ek skryf hierdie kort briefie aan julle met Silvanus se hulp. Hy is ’n getroue broer. Die doel met my brief is om julle te bemoedig en te verseker dat die genade#5:5c, 10, 12 Of onverdiende goedheid. van God met julle is, ongeag wat met julle gebeur.
13Julle susterskerk hier in Rome#5:13 Of Babilon. stuur vir julle groete. Markus, my seun, stuur ook vir julle groete. 14Groet mekaar met ’n soen van Christelike liefde#5:14a Grondteks ’n soen van liefde..
Vrede vir julle almal wat aan Christus verbind is#5:14b Of in Christus is.!

Currently Selected:

1 PETRUS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy