YouVersion Logo
Search Icon

1 JOHANNES 2

2
1My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. 2Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom.
3En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. 4As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding met God,#2:4 Grondteks Ek ken Hom.” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie.
5Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is. 6Dié wat beweer dat hulle in ’n noue verbintenis met Hom leef#2:6 Grondteks in Hom bly., moet self ook leef soos Hy geleef het.
Die liefdesopdrag is al oud, maar tog ook nuut
7Geliefdes, ek stuur nie aan julle ’n nuwe opdrag nie, maar ’n ou een wat julle nog altyd gehad het. Dié ou opdrag is die boodskap wat julle reeds lankal gehoor het. 8Tog is dit ook ’n nuwe opdrag wat ek aan julle gee. Hierdie opdrag is betroubaar en van toepassing op julle verhouding tot Christus en tot mekaar. Die duisternis is immers aan die verbygaan en die lig wat die waarheid bring, skyn alreeds. 9As iemand sê: “Ek leef in ’n hegte verhouding met die lig,” maar ’n medegelowige#2:9, 10a, 11a Grondteks sy broer. haat, verkeer so ’n mens nog steeds in die duisternis. 10Enigeen wat sy medegelowiges#2:9, 10a, 11a Grondteks sy broer. liefhet, leef in ’n verbintenis met#2:10b Grondteks bly in. die lig en is nie ’n bron van struikeling vir ander nie. 11Wie egter ’n medegelowige#2:9, 10a, 11a Grondteks sy broer. haat, is nog in die duisternis en leef in ’n noue verbintenis met#2:11b Grondteks wandel in. die duisternis. Sulke persone besef nie waarheen hulle op pad is nie omdat die duisternis hulle oë verblind het.
Leef volgens julle identiteit as Christene!
12Ek skryf aan julle, kinders:
Julle sondes is vergewe
op grond van wat Jesus
vir ons gedoen het#2:12 Grondteks op grond van sy Naam..
13Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding met#2:13, 14 Grondteks ken. Hom.
Ek skryf aan julle, jonges:
Julle het as oorwinnaars oor die bose
uit die stryd getree.
14Ek skryf aan julle, kinders:
Julle leef in ’n persoonlike
verhouding met die Vader.
Ek skryf aan julle, pa’s:
Julle leef van die heel begin af
in ’n persoonlike verhouding met#2:13, 14 Grondteks ken. Hom.
Ek skryf aan julle, jonges:
Julle is kragtig
en die woord van God is deel
van julle bestaan
en julle het as oorwinnaars oor die bose
uit die stryd getree.
15Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie.
16Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.
17Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd.
Die finale toets is hóé ons glo en lewe
18Kinders, dit is nou die laaste uur. Soos julle al gehoor het, is die antichris aan die kom. Ook nou het baie antichriste alreeds hulle opwagting gemaak. Daaruit lei ons af dat dit die laaste uur is. 19Hulle het uit ons geledere gekom, maar was nooit regtig deel van ons nie. As hulle regtig deel van ons was, sou hulle nou nog by ons gebly het. Hulle het uit ons geledere weggegaan sodat dit aan die lig sou kom dat hulle nie regtig deel van ons was nie. 20Julle almal weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees. 21Ek het aan julle geskryf, nie omdat julle nie kennis dra van die waarheid nie, maar juis omdat julle die waarheid ken en ook weet dat geen leuen uit die waarheid kan kom nie.
22Wie is die groot leuenaar? Dit is die een wat aanhou ontken dat Jesus die Messias#2:22 Of Christus. is. So ’n persoon is die antichris, wat nie die Vader en die Seun erken nie. 23Elkeen wat nie die Seun erken nie, het ook nie deel aan die Vader nie. Elkeen wat die Seun egter erken, het ook deel aan die Vader.
24Hou vol met dit wat julle van die heel begin af gehoor het. As julle leef volgens dit wat julle van die heel begin af gehoor het, sal julle ook verbonde bly aan#2:24 Grondteks bly in. die Seun en die Vader. 25En dít is die belofte wat Hy self aan ons gemaak het: die ewige lewe. 26Hierdie dinge het ek aan julle geskryf oor die mense wat julle probeer verlei. 27Julle het immers die Heilige Gees#2:27a Grondteks die salwing. ontvang van Hom wat in ’n hegte verhouding met julle leef#2:27b Grondteks en Hy leef in julle.; daarom het julle nie behoefte daaraan dat iemand julle onderrig nie. Sy Gees lig julle immers oor alles in, en wat Hý sê, is die waarheid en nie ’n leuen nie. En soos Hy julle geleer het, moet julle ook in ’n hegte verhouding met Hom leef#2:27c, 28 Grondteks moet julle in Hom bly..
28En nou, kinders, leef in ’n hegte verhouding met Hom#2:27c, 28 Grondteks moet julle in Hom bly. sodat, wanneer Hy ook al verskyn, ons die vrymoedigheid kan hê om nie beskaamd te staan by sy koms nie. 29As julle dan met die wete leef dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat reg leef, deur Hom verwek is.

Currently Selected:

1 JOHANNES 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy