YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 6

6
Die priesterlike lyn
1Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.
2Die afstammelinge van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. 3Die kinders van Amram was Aäron, Moses en Mirjam.
Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. 4Eleasar was die pa van Pinehas. Pinehas was die pa van Abisua. 5Abisua was die pa van Bukki. Bukki was die pa van Ussi. 6Ussi was die pa van Seragja. Seragja was die pa van Merajot. 7Merajot was die pa van Amarja. Amarja was die pa van Agitub. 8Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Agimaäs. 9Agimaäs was die pa van Asarja. Asarja was die pa van Joganan. 10Joganan was die pa van Asarja, die hoëpriester by die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het. 11Asarja was die pa van Amarja. Amarja was die pa van Agitub. 12Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Sallum. 13Sallum was die pa van Gilkija. Gilkija was die pa van Asarja. 14Asarja was die pa van Seraja. Seraja was die pa van Josadak, 15wat in ballingskap gegaan het toe die Here die mense van Juda en Jerusalem in ballingskap onder Nebukadnesar weggevoer het.
Die Levietefamilies
16Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari. 17Die afstammelinge van Gerson was Libni en Simi. 18Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
19Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die volgende is die families van die Leviete, volgens hulle voorouers: 20Die afstammelinge van Gerson was Libni, Jagat, Simma, 21Joag, Iddo, Serag en Jeatrai. 22Die afstammelinge van Kehat was Amminadab, Korag, Assir, 23Elkana, Abiasaf, Assir, 24Tagat, Uriël, Ussia en Saul. 25Die afstammelinge van Elkana was Amasai, Agimot en Elkana. 26Die seuns van Elkana was Suf, Nagat, 27Eliab, Jerogam, Elkana en Samuel#6:27, 33b Grondteks het nie Samuel nie. Hier soos in Griekse weergawe.. 28Die seuns van Samuel was Joël#6:28, 33a Grondteks het nie Joël nie. Hier soos in Griekse en Siriese weergawes. Vgl 1 Sam 8:2., die oudste, en Abia, die tweede seun. 29Die seuns van Merari was Magli, Libni, Simi, Ussa, 30Sima, Gaggija en Asaja.
Tempelmusikante
31Dawid het die volgende mense aangestel om die musiek in die huis van die Here te lei ná hy die ark daar ingebring het. 32In die tabernakel, die tent van ontmoeting, het hulle met musiek gedien totdat Salomo die tempel vir die Here in Jerusalem gebou het. Toe het hulle aangehou met hulle werk, volgens al die regulasies wat aan hulle oorgelewer is. 33Hier is die manne wat gedien het, saam met hulle seuns: Heman die sanger was van die Kehatgroep. Sy geslagsregister gaan terug na Joël#6:28, 33a Grondteks het nie Joël nie. Hier soos in Griekse en Siriese weergawes. Vgl 1 Sam 8:2., Samuel#6:27, 33b Grondteks het nie Samuel nie. Hier soos in Griekse weergawe., 34Elkana, Jerogam, Eliël, Togu, 35Suf, Elkana, Magat, Amasai, 36Elkana, Joël, Asarja, Sefanja, 37Tagat, Assir, Abiasaf, Korag, 38Jishar, Kehat, Levi en Israel#6:38 Israel is die naam wat God vir Jakob gegee het..
39Heman se eerste assistent was Asaf van die Gersongroep. Asaf se geslagsregister gaan terug na Berekja, Sima, 40Migael, Maäseja, Malkija, 41Etni, Serag, Adaja, 42Etan, Simma, Simi, 43Jagat, Gerson en Levi.
44Heman se tweede assistent was Etan van die Merarigroep. Etan se geslagsregister gaan terug na Kusaja, Abdi, Malluk, 45Gasabja, Amasia, Gilkija, 46Amsi, Bani, Semer, 47Magli, Musi, Merari en Levi.
48Hulle familie, ook Leviete, is aangestel om verskeie take in die tabernakel, die huis van God, te verrig.
Aäron se afstammelinge
49Net Aäron en sy afstammelinge het as priesters gewerk. Hulle het die offers op die brandofferaltaar en die wierookaltaar aangebied, en al die ander werk in die Allerheiligste gedoen. So het hulle Israel met God versoen deur al die bevele te volg wat Moses, die kneg van God, gegee het.
50Die afstammelinge van Aäron is Eleasar, Pinehas, Abisua, 51Bukki, Ussi, Seragja, 52Merajot, Amarja, Agitub, 53Sadok en Agimaäs.
Leviete se grond
54Hier is ’n lys van die dorpe en grond wat deur die gewyde lot aan die afstammelinge van Aäron van die Kehatgroep toegeken is. 55Dit het Hebron in Juda met sy weiveld daar rondom ingesluit, 56maar die saaigrond van die stad en sy dorpe is aan Kaleb, die seun van Jefunne, gegee.
57Die afstammelinge van Aäron het saam met die volgende dorpe ook die omliggende weiveld gekry: Hebron, wat ’n vrystad was, Libna, Jattir, Estemoa, 58Golon, Debir, 59Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde.
60Van die grond van Benjamin is aan hulle gegee: Gibeon#6:60 Grondteks het nie Gibeon nie. Hier soos in parallelle teks in Jos 21:17., Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weiveld. So is ’n totaal van dertien stede vir die afstammelinge van Aäron gegee. 61Die oorblywende afstammelinge van Kehat het tien stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse deur middel van die gewyde lot gekry.
62Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van Issaskar, Aser, Naftali en van die Basangebied van Manasse dertien stede deur die gewyde lot gekry.
63Die afstammelinge van Merari het deur die gewyde lot twaalf stede gekry in die grondgebied van Ruben, Gad en Sebulon.
64So het die mense van Israel al hierdie stede met hulle weivelde aan die Leviete afgestaan.
65Die stede in die grondgebiede van Juda, Simeon en Benjamin wat pas genoem is, is almal deur die gewyde lot aangewys.
66Die afstammelinge van Kehat het in die grondgebied van Efraim hierdie stede ontvang, elkeen met sy omliggende weiveld: 67Sigem wat ’n vrystad in die bergland van Efraim is, Geser, 68Jokmeam, Bet-Goron, 69Ajalon en Gat-Rimmon. 70Die oorblywende afstammelinge van Kehat het hierdie stede in die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry: Aner en Jibleam, elkeen met sy weiveld.
71Die afstammelinge van Gerson het in die grondgebied van die halwe stam van Manasse Golan in Basan met sy weiveld en Astarot met sy weiveld gekry. 72In die grondgebied van Issaskar is aan hulle gegee: Kedes, Daberat, 73Ramot en En-Gannim, elkeen met sy weivelde. 74In die grondgebied van Aser het hulle Misal, Abdon, 75Gukok en Regob, elkeen met sy weivelde gekry. 76In die grondgebied van Naftali het hulle Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde, gekry.
77Die oorblywende afstammelinge van Merari het in die grondgebied van Sebulon die stede van Jokneam, Karta, Rimmon en Tabor, elkeen met sy weivelde, gekry. 78Van die grondgebied van Ruben, oorkant die Jordaan oos van Jerigo, het hulle Beser, ’n woestynstad, Jahas, 79Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde, gekry. 80En in die grondgebied van Gad het hulle Ramot in Gilead, Maganajim, 81Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde, gekry.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy