YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 25

25
Pligte van die musikante
1Dawid en die leërhoofde het mans uit die families van Asaf, Heman en Jedutun aangestel om God se boodskappe te verkondig terwyl daar op siters, harpe en simbale gespeel word. Hier is die lys van hulle name en hulle dienswerke:
2Van die seuns van Asaf was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het gewerk onder leiding van hulle pa, Asaf, wat God se boodskappe op bevel van die koning verkondig het.
3Jedutun het ses seuns gehad: Gedalja, Seri, Jesaja, Simi#25:3 Grondteks bevat nie Simi nie. Hier soos in een grondteks en sommige Griekse weergawes., Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van hulle pa, Jedutun, gewerk wat God se boodskappe verkondig het terwyl die siter gespeel is, en dank en lof aan die Here geoffer is.
4Heman se seuns was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot. 5Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, want God het hom geëer met veertien seuns en drie dogters.
6Al hierdie mans het onder leiding van hulle pa’s gewerk terwyl hulle in die huis van die Here musiek gemaak het.
Hulle verantwoordelikhede het ingesluit dat hulle die simbale, harpe en siters bespeel het in die huis van God. Asaf, Jedutun en Heman het direk aan die koning gerapporteer. 7Hulle en hulle families is almal opgelei om voor die Here musiek te maak. Elkeen van hulle, 288 in totaal, was ’n bedrewe musikant. 8Die musikante is vir ’n bepaalde dienstermyn aangestel deur die gewyde lot te werp, sonder om in ag te neem hoe oud iemand was en of hy ’n meester of student was.
9Die eerste lot het op Josef van die Asafgroep geval, en twaalf van sy seuns en bloedverwante#25:9 Grondteks bevat nie en twaalf van sy seuns en bloedverwante nie. Hier soos in Griekse weergawe..
Die tweede lot het op Gedalja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
10Die derde lot het op Sakkur geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
11Die vierde lot het op Seri geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
12Die vyfde lot het op Netanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
13Die sesde lot het op Bukkija geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
14Die sewende lot het op Asarela geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
15Die agtste lot het op Jesaja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
16Die negende lot het op Mattanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
17Die tiende lot het op Simi#25:17 Grondteks bevat nie Simi nie. Hier soos in een grondteks en sommige Griekse weergawes. geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
18Die elfde lot het op Asarel geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
19Die twaalfde lot het op Gasabja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
20Die dertiende lot het op Subael geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
21Die veertiende lot het op Mattitja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
22Die vyftiende lot het op Jeremot geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
23Die sestiende lot het op Gananja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
24Die sewentiende lot het op Josbekasa geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
25Die agtiende lot het op Ganani geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
26Die negentiende lot het op Malloti geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
27Die twintigste lot het op Eliata geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
28Die 21ste lot het op Hotir geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
29Die 22ste lot het op Giddalti geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
30Die 23ste lot het op Magasiot geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
31Die 24ste lot het op Romamti-Eser geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 25: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy