YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 23

23
Pligte van die Leviete
1Toe Dawid al ’n ou man was, by die einde van sy lewe, het hy sy seun Salomo as koning oor Israel aangestel. 2Dawid het al die leiers van Israel bymekaargeroep, saam met die priesters en Leviete, vir die kroningseremonie. 3Al die Leviete wat 30 jaar en ouer was, is getel, en hulle was 38 000 in totaal. 4Toe het Dawid gesê: “Van hulle moet 24 000 toesig hou oor die werk by die tempel van die Here. En 6 000 moet as amptenare en regters werk. 54 000 moet as poortwagters werk en nog 4 000 moet die Here loof met die musiekinstrumente wat ek gemaak het.” 6Toe het Dawid die Leviete in afdelings opgedeel, genoem na die drie seuns van Levi, naamlik Gerson, Kehat en Merari.
Die Gersoniete
7Die Gersoniete se families is gedefinieer deur hulle afstamming van Ladan en Simi, seuns van Gerson. 8Drie van die afstammelinge van Ladan was Jegiël, die familieleier, Setam en Joël.
9Drie van die afstammelinge van Simi was Selomit, Gasiël en Haran. Hulle was die leiers van die familie van Ladan. 10Vier ander afstammelinge van Simi was Jagat, Sisa#23:10, 11 Grondteks Sina. Hier soos in Griekse weergawe en Latynse Vulgaat., Jeüs en Beria.
11Jagat was die familieleier, en Sisa#23:10, 11 Grondteks Sina. Hier soos in Griekse weergawe en Latynse Vulgaat. was volgende. Jeüs en Beria is as een familie getel omdat nie een van hulle baie seuns gehad het nie.
Die Kehatiete
12Die afstammelinge van Kehat het Amram, Jishar, Hebron en Ussiël ingesluit.
13Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron en sy afstammelinge is afgesonder om die hoogheilige dinge te wy, om offers in die Here se teenwoordigheid te bring, om die Here te dien en om altyd seëninge in sy Naam uit te spreek.
14Wat Moses, die man van God betref, sy seuns is ingesluit by die stam van Levi. 15Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser.
16Die afstammelinge van Gersom het Subael, die familieleier, ingesluit.
17Eliëser het net een seun gehad, Regabja, wat die familieleier was. Regabja het baie afstammelinge gehad.
18Die afstammelinge van Jishar het Selomit, die familieleier, ingesluit.
19Die afstammelinge van Hebron was Jeria, die familieleier, Amarja, die tweede, Jagasiël, die derde, en Jekamam, die vierde.
20Die afstammelinge van Ussiël was Miga, die familieleier, en Jissija, die tweede.
Die Merariete
21Die afstammelinge van Merari was Magli en Musi.
Die seuns van Magli was Eleasar en Kis.
22Eleasar is dood sonder om ’n seun te hê. Hy het net dogters gehad. Sy dogters is met hulle nefies, die seuns van Kis, getroud.
23Die drie seuns van Musi was Magli, Eder en Jeremot.
24Hulle was almal die afstammelinge van Levi volgens hulle families, die familieleiers, sorgvuldig aangeteken volgens hulle name. Elkeen moes twintig jaar of ouer wees om te kwalifiseer om in die huis van die Here te dien. 25Want Dawid het gesê: “Die Here, die God van Israel, het ons vrede gegee, en Hy sal vir altyd in Jerusalem woon. 26Nou hoef die Leviete nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe van plek tot plek te dra nie.”
27Dit was volgens Dawid se finale instruksies dat al die Leviete van twintig en ouer vir die dienswerk geregistreer is.
28Die werk van die Leviete was om die priesters, die afstammelinge van Aäron, by te staan wanneer hulle in die huis van die Here dien. Hulle moes ook sorg dra vir die voorhowe en sykamers, help om die reinigingseremonies uit te voer en op baie ander maniere in die huis van God werk.
29Hulle was in beheer van die offerbrode wat op die tafel gesit is, die fynmeel vir die spysoffer, die ongesuurde platkoeke, die gebakte offers en die offers wat met olie gemeng is.
Hulle was ook verantwoordelik om al die mate en gewigte te kontroleer. 30En elke môre en aand het hulle voor die Here gestaan om Hom te loof en te prys. 31Hulle het ook met die brandoffers gehelp wat op Sabbatdae vir die Here gebring is, en op nuwemane en feestye.
Die regte getal Leviete het te alle tye in die Here se teenwoordigheid gedien, en hulle het al die prosedures gevolg wat vir hulle voorgeskryf is.
32So het die Leviete onder toesig van die priesters, aan wie hulle verwant was, oor die tent van samekoms en die heiligdom gewaak en getrou hulle pligte in die tempel van die Here uitgevoer.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 23: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy