1
KOLOSSENSE 2:6-7
Nuwe Lewende Vertaling
Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid.
Compare
Explore KOLOSSENSE 2:6-7
2
KOLOSSENSE 2:8
Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie.
Explore KOLOSSENSE 2:8
3
KOLOSSENSE 2:13-14
Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe. Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.
Explore KOLOSSENSE 2:13-14
4
KOLOSSENSE 2:9-10
Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.
Explore KOLOSSENSE 2:9-10
5
KOLOSSENSE 2:16-17
Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere feesdae of die Nuwemaanfees of Sabbatte nie. Al hierdie dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Christus!
Explore KOLOSSENSE 2:16-17
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos