1
GALÁSIËRS 6:9
Afrikaans 1933/1953
AFR53
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Sammenlign
Udforsk GALÁSIËRS 6:9
2
GALÁSIËRS 6:10
Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
Udforsk GALÁSIËRS 6:10
3
GALÁSIËRS 6:2
Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Udforsk GALÁSIËRS 6:2
4
GALÁSIËRS 6:7
Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Udforsk GALÁSIËRS 6:7
5
GALÁSIËRS 6:8
Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Udforsk GALÁSIËRS 6:8
6
GALÁSIËRS 6:1
BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
Udforsk GALÁSIËRS 6:1
7
GALÁSIËRS 6:3-5
Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. Want elkeen sal sy eie pak dra.
Udforsk GALÁSIËRS 6:3-5