Leesplan inligting

Oggende Saam Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Mornings With The Holy Spirit

DAG 7 VAN 7

Ek Is Lief Vir Jou Net Soos Jy Is

Jy hoef nie te probeer om iemand te wees wat jy nie is nie. Ek is lief vir jou net soos wat jy geskape is. Moenie jouself met iemand anders vergelyk nie. Ek het unieke gawes en talente vir jou gegee, en Ek het jou geroep vir 'n tyd soos hierdie. As jy toelaat dat frustrasie jou hart oorstroom, gaan jy net My genade verhinder. Verwerp dus vergelykings. Verwerp frustrasies. Verwerp wedywering. Aanvaar wie jy nou is. Beweeg aan as die persoon wat Ek jou geroep het om te wees, met jou unieke gawes wat ruimte vir jou sal skep.


Gebed


U kyk in my hart op maniere wat ek self nie kan nie. Help my om nie myself met ander te vergelyk of om aan frustrasies in my daaglikse lewe toe te gee nie. Help my om in U te rus in plaas van om te wedywer. Wys my hoe om dinge op u manier te doen in plaas van myne.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Mornings With The Holy Spirit

Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alled...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/morningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid