Leesplan inligting

Oggende Saam Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Mornings With The Holy Spirit

DAG 4 VAN 7

Kyk Vorentoe na Jou Bestemming

Moenie terugkyk nie. Ek weet dit maak seer. Ek weet van jou wonde. Ek weet van jou teleurstellings. Ek het die verraad gesien. Ek het die trane gesien. Ek was saam met jou deur die pyn en Ek is hier om dit reg te maak. Ek sal hiermee werk — die seer, die teleurstelling, die verraad — vir jou beswil, want jy is lief vir My en ek vir jou. Ek sal skoonheid gee in die plek van as. Jy moet egter daardie as agterlaat sodat Ek daardie dinge wat die vyand probeer steel, dood kan maak en vernietig en nuwe lewe kan opwek. Onthou Lot se vrou. Moenie terugkyk nie. Jou bestemming is voor, en Ek lei jou na jou drome.


Gebed


Dankie vir u genesende krag in my siel. Gee my die krag om verby die verlede te kyk en te strewe na my hoë roeping in Christus. Wys my hoe om die Goddelike ruiling te doen wat vir my skoonheid in die plek van as sal gee, en ek sal u Naam verheerlik.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Mornings With The Holy Spirit

Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alled...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/morningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid